Stilte: Die Krag en Noodsaaklikheid DaarvanVoorbeeld

Stilte: Die Krag en Noodsaaklikheid Daarvan

DAG 4 VAN 13

Stilte: die krag en noodsaaklikheid daarvan (4)

Sagaria 2:13 - "Wees stil voor die Here, al wat leef! "

Eksodus 14:13 -14 – “The LORD will fight for you; you need only to be still "(NIV).

Ons het stilte nodig tot by die punt waar die stilte ons eiewilligheid uitwis en daar geen eie wil in ons oorbly nie. Daar in die stilte sal ons by die punt kan kom waar ons tevrede is om by God te wees en sy wil te doen. Ons het stilte nodig waar alle aktiwiteite en al ons “doen” ophou, waar daar geen planne is nie, geen ambisie, geen drome en geen verwagtings nie. Waar alles in ons op God fokus en Jesus Christus sentraal word.

Stilte vernietig hoogmoed, want stilte reageer nie op al ons woorde, prestasies, dade, geleerdheid, titels en aanstellings nie. Ons kan stilte nie met onsself beïndruk nie. Stilte stroop ons van onsself en openbaar al ons pretensie, voorgee en valse verwagtings. Stilte maak al ons “groot” werke baie klein.

Wat gebeur met ‘n kind wat huis toe hardloop om sy ouers te vertel van iets “groots” wat met hom gebeur het en wanneer hy dit vertel, word sy woorde met stilte begroet? Of wanneer jy vir jou beste vriend van ‘n baie spesiale toekenning vertel en die persoon net na jou kyk en stilbly – nie reageer nie. Wat word skielik van hierdie “groot” ding wat gebeur het? Dit word baie klein. Stilte verklein ons groot dade tot min of meer hoe groot en belangrik dit werklik is.

Daar is ’n stilte waarin ons ons gedagtes, pyn, drome en emosies vir onsself hou. Stilswye mag egter nie as wapen teen ander gebruik word nie. Dit is verkeerd om stilte te gebruik om ander te ignoreer, te oordeel en te veroordeel.

Moses en Israel het die oorwinning behaal deur stil te wees (Eksodus 14:13-14). Die oorwinnings kom nie deur ons krag nie, maar deur die krag van die Here.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Stilte: Die Krag en Noodsaaklikheid Daarvan

Almal het stilte nodig. Soms weet ons dit nie, maar sodra daar tye van stilte kom, kom vreemde vrede. Daar word die stemme van die wêreld en die stemme van my eie gedagtes uitgedoof. In daardie stiltes kom God dikwels en begin met ons praat. Mag hierdie leesplan jou by dieper intimiteit met God bring.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.comv