Stilte: Die Krag en Noodsaaklikheid DaarvanVoorbeeld
Stilte: die krag en noodsaaklikheid daarvan (9)
Jesaja 30:15 – "Julle krag lê in stil wees."
Stilte leer my weer die waarde van die gesproke woord. Winston Churchill het by geleentheid by ’n skool opgetree en sy toespraak het uit net drie sinne bestaan. Hy het op die verhoog gestap en gesê: “Never give up. Never give up. Never give up.” Dit was een van die kragtigste toesprake ooit in die geskiedenis. Indien hy ’n uur lank gepraat en hierdie drie sinne deel van sy toespraak gemaak het, sou bykans niemand dit onthou het nie. Min woorde en die regte woorde het groot krag.
Innerlike afsondering en stilte sál ons vrymaak van eensaamheid en vrees. Die woestynvaders uit die derde en vierde eeu het gesê: "Stilte bring antwoorde op alle vrae." In stilte vind ons ook die krag van God, sê Jesaja 30:15: "Julle krag lê in stil wees." Afsondering en stilte is die pad na dieper intimiteit met God, bevryding van die self, groter perspektief oor die sin van die lewe en die pad na vrede en vergenoegdheid.
Afsondering en stilte openbaar aan ons die verskillende vorme van wedywering — om onsself met ander te vergelyk (comparison). Dit is die grootste faktor in uitbranding. Dit is wanneer ons probeer om óók spesiaal te wees, óók belangrik te wees, soveel as ander of nog meer as ander te doen. Stilte word nie beïndruk met prestasies nie. Stilte beantwoord al ons wonderlike prestasies met stilte – stilte reageer nie op ons belangrikheid nie.
In die stilte kom God. Dit is vir stilte onmoontlik om God te ignoreer. Wanneer jy in stilte wag, kom God. Soms weet jy nie hoe nie – al sou Hy nie praat nie, sal jy weet Hy is daar. Die grootste bevryding is om in stilte by God te wees. Nie om opdragte van hom te ontvang of nuwe openbarings of manifestasies te soek nie. Om net by Hom te wees.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Almal het stilte nodig. Soms weet ons dit nie, maar sodra daar tye van stilte kom, kom vreemde vrede. Daar word die stemme van die wêreld en die stemme van my eie gedagtes uitgedoof. In daardie stiltes kom God dikwels en begin met ons praat. Mag hierdie leesplan jou by dieper intimiteit met God bring.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.comv