Man Van God: Hoe Lyk 'n Man Van God?Voorbeeld

Man Van God: Hoe Lyk 'n Man Van God?

DAG 3 VAN 8

Manne van God eer hulle vroue en versorg hulle soos God dit van hulle verwag

Manne van God neem verantwoordelikheid vir wat hulle aan hulle toevertrou is. Dis is manne wat toegewyd en hardwerkend is, tyd afstaan om te rus, 'n sin vir humor het, met hulle kinders kan speel, met hulle vroue gesels en God se goeie gawes saam met hulle gesinne geniet.

Manne van God wat vaders is, bid vir hulle kinders en vroue; bring hulle kinders en vroue se behoeftes daagliks na God die Vader en bid vir hulle beskerming en geestelike groei; seën hulle gesinne en bid volhardend dat God hulle van die bose sal bewaar en met die Heilige Gees sal vervul (Efesiërs 5:18; 2 Tessalonisense 3:3).

Hulle maak nie afbrekende grappe oor hulle vroue nie; stel nie hulle vroue in ‘n slegte lig voor ander nie (al sê hulle ook hulle maak net ‘n grap); vergelyk nie hulle eie vroue met ander vroue nie en praat nie voortdurend van al die wonderlike dinge wat ander vroue doen nie.

Dit is manne wat die verbond wat hulle met hulle vroue in God se teenwoordigheid gemaak het, met heiligheid in sy teenwoordigheid uitleef.

Manne van God domineer en verkleineer en skreeu nie op hulle vroue nie.

Hulle eer en beskerm hulle vroue.

‘n Man van God is lief vir sy vrou.

Manne van God wy hulleself net aan een vrou toe; leef in 'n rein verhouding met haar en maak nie plek vir ‘n derde party nie.

Dit is manne wat na hulle vroue kan luister – doodgewoon net luister na wat hulle sê. Hulle luister na die menings van hulle vroue en wanneer hulle vroue goeie raad gee, is hierdie manne nie te trots om daarop te reageer nie.

Manne van God het hulle vroue lief soos Jesus Christus die gemeente liefgehad het – tot by die punt waar hulle bereid is om vir hulle vroue te sterf – want dit is hoe lief Jesus die liggaam (die kerk) het (Efesiërs 5:2 en 25).

Godsmanne, vir sover dit van hulle afhang, skei nie van hulle vroue nie en maak seker hulle kom nie sonder hulle vroue in die hemel aan nie.

Manne van God gaan soek nie simpatie by ander vroue nie en deel nie hulle diepste geheime met ander vroue nie. Hulle leef heilig en rein teenoor ander vroue en maak nie deure oop vir emosionele verbintenisse en fisieke kontak nie.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Man Van God: Hoe Lyk 'n Man Van God?

Ons het Godsmanne in die kerk nodig. Dit is manne wat ten volle aan God oorgegee is en in die krag van die Heilige Gees lewe. Daar is vandag 'n gebrek aan sulke manne en vaders. In hierdie leesplan probeer ek verduidelik hoe die lewe van 'n man van God behoort te lyk en hoe dit kan lyk indien iemand homself aan God oorgee.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com