Man Van God: Hoe Lyk 'n Man Van God?Voorbeeld

Man Van God: Hoe Lyk 'n Man Van God?

DAG 6 VAN 8

‘n Man van God leef ooreenkomstig die waarheid en bevele van die Woord

Manne van God ken die bevele van God en gehoorsaam dit stiptelik (Prediker 12:13).

Hulle verkondig die evangelie – praat met mense oor God. Bid vir die redding van mense (Matteus 10:1-8).

Hulle verstaan dat indien iemand nie wedergebore is deur die Gees van God en in Jesus as Verlosser en Here glo nie, so ‘n persoon nie in die hemel toegelaat sal word nie (Johannes 3:15-20).

‘n Man van God se lewe is vry van huigelary, vormgodsdiens en onbybelse tradisies en praktyke.

Hy het geestelike gesag en leef met geestelike waardigheid.

Manne van God leef heilig in alles wat hulle doen want God is heilig (1 Petrus 1:15-16). Hulle standaard is die standaard van die Woord. Hulle probeer nie die indruk skep dat hulle godvresend is terwyl hulle nie die krag van God in hulle het nie.

‘n Man van God neem sy kruis op en volg Jesus. Hy slaan nie sy hand aan die ploeg, maar bly agtertoe kyk nie (Lukas 9:23; 62).

Dit is manne wat hulle vyande liefhet en dienooreenkomstig optree.

Dit is manne wat die karakter en die hart van God al dieper leer ken en hulle weerspieël toenemend die karakter van God.

Hulle ag God se agenda belangriker as hulle eie. Hulle lewens behoort nie aan hulleself nie.

Dit is manne wat hulle lewens afgelê en besluit het om dienaars en slawe van Christus te wees (1 Johannes 3:16-18).

Dit is manne wat die Woord bestudeer en dit glo. Hulle maak nie staat op hulle eie insig nie.

Hulle dink nie van hulleself meer dink as wat 'n mens behoort te dink nie.

Godsmanne het 'n begeerte om so heilig te leef as wat dit vir 'n mens moontlik is.

Hulle vra nie wat hulle alles mag doen sonder om sonde te doen nie. Hulle vra: Hoe kan ek my hemelse Vader eer?

Hierdie manne stel hulle wil, emosies en verstand ondergeskik aan die wil van God.

‘n Man van God verstaan dat hy vir ewig sal lewe, óf in die hemel óf in die hel – en daarom gebruik hy sy krag, opleiding, invloed, gawes en geld om soveel mense as moontlik soos stukke brandhout uit die vuur te ruk.

Dit is manne wat hulle nie met vuil praatjies en ligsinnigheid ophou nie, hulle beheer hul tonge en hul lewens word deur die Gees van God aan die brand gesteek. Hulle woorde is soos heilige vuur wat sonde weg brand, soos 'n hamer wat 'n rots verbrysel, sonde en onreg ontbloot, genesing bring en hoop gee.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Man Van God: Hoe Lyk 'n Man Van God?

Ons het Godsmanne in die kerk nodig. Dit is manne wat ten volle aan God oorgegee is en in die krag van die Heilige Gees lewe. Daar is vandag 'n gebrek aan sulke manne en vaders. In hierdie leesplan probeer ek verduidelik hoe die lewe van 'n man van God behoort te lyk en hoe dit kan lyk indien iemand homself aan God oorgee.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com