Man Van God: Hoe Lyk 'n Man Van God?Voorbeeld

Man Van God: Hoe Lyk 'n Man Van God?

DAG 8 VAN 8

Manne wie se lewens respek afdwing

Manne van God is diegene met ‘n hart soos Dawid gehad het: "Van hom het God gesê: ‘Ek het in Dawid seun van Isai ’n man na my hart gevin'" (Handelinge 13:22).

Manne van God sien die behoeftes van mense raak, bid vir die siekes en versorg die armes na die mate wat dit binne hulle vermoë is (Jakobus 1:27).

Hulle lewe gedissiplineerd, is nie bang vir moeilike tye nie en loop met volharding die pad wat God vir hulle aanwys (Psalm 23:4).

Manne van God is nie in die eerste plek op gerief ingestel nie. Hulle is bereid om swaar te kry, op te offer, nie hulle eie voordeel te soek nie; nie vir eie gewin te lewe nie.

Dit is manne wat nie aan kos verslaaf is nie, hulleself nie ooreet en onbeheers uiting gee aan hulle drange en begeertes nie.

Manne van God het 'n leerbare gees, is oop vir teregwysing en om in hulle geloof opgebou te word. Hulle is gewillig om na manne en vroue te luister wat met wysheid en insig in hulle lewens kan bou (Spreuke 19:20). Hulle is nie eiesinnig en arrogant nie.

Hulle sien nie neer op mense wat as swak, gering en arm gereken word nie (Spreuke 14:13). Hulle weet dat deur met ’n arm mens te spot en mense as minderwaardig te behandel, hulle die persoon se Maker beledig (Spreuke 17:5).

Manne van God vloek nie (Efesiërs 4:29; Kolossense 3:8).

Manne van God maak nie vuil grappe nie.

Hulle volg die Here in eenvoud en gehoorsaamheid – al neem mense aanstoot en word hulle verag en verwerp – hulle enigste begeerte is om God te behaag.

Dit is manne vir wie die eer en die verheerliking van God, sy wil en sy koninkryk, prioriteit bo persoonlike nood, behoefte of gerief geniet.

Manne van God is sagmoedig en lankmoedig.

Manne van God vertrou Hom om in hulle behoeftes, die behoeftes van hulle gesinne en die werk van God te voorsien. Hulle werk hard, hanteer hulle geld met wysheid en is goeie rentmeesters van dit wat aan hulle toevertrou is.

Daar is min manne van God, want die prys is hoog. Mag God in sy genade ons help om manne van God te wees.

Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Man Van God: Hoe Lyk 'n Man Van God?

Ons het Godsmanne in die kerk nodig. Dit is manne wat ten volle aan God oorgegee is en in die krag van die Heilige Gees lewe. Daar is vandag 'n gebrek aan sulke manne en vaders. In hierdie leesplan probeer ek verduidelik hoe die lewe van 'n man van God behoort te lyk en hoe dit kan lyk indien iemand homself aan God oorgee.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com