25 Dae tot KersfeesVoorbeeld
Sagaria, Elisabet se man, het nege maande vroeër nie gedink sy vrou sal swanger raak nie. Nou is hy egter gevul met die Heilige Gees en sing: "Prys die Here, die God van Israel, want Hy het sy volk opgesoek en hulle gered. Hy het vir ons ’n magtige Redder gestuur" (Lukas 1:68 NLV).
Vir die hart gevul met geloof, is die belofte wat God in sy Woord maak waar, al word dit nog nie met die oog gesien nie. Omdat God dit gesê het, is dit waar en dit sal so wees!
Verder is die nuus van die komende Messias 'n wonderlike besef vir Sagaria dat God aan die werk is. Hy is aktief besig in die wêreld en in ons lewens. Hy bring verlossing vir alle mense. Die oortuiging in Israel op hierdie stadium, was dat God nie meer profete stuur nie, nie meer sy volk lei nie ... dat God van hierdie wêreld onttrek het en nou op 'n afstand staan. Nee! Sagaria vier met blydskap dat God wel werk, dat Hy aktief in en deur ons lewens besig is.
Hierdie was dae van groot opwinding en afwagting vir Sagaria. Hierdie Advent, die aanloop tot Kersfees, is vir ons ook dae van groot opwinding en afwagting, nie net omdat Kersfees 'n wonderlike viering is nie, maar omdat God, nog meer as in Sagaria se tyd, werk! Hy is betrokke in elke deel van ons lewens, Hy werk in ons en Hy wil deur ons werk.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 25-dag leesplan berei ons harte vir Kersfees voor — spesifiek die boodskap van Kersfees en die rede vir Kersfees — Jesus. Kersfees en die aanloop na Kersfees toe, is 'n wonderlike tyd van die jaar. Daar is opwinding, nostalgie, afwagting en vakansie in die lug. Vir elke kind van God moet hierdie dinge nie ons aandag aflei van die rede en die boodskap van Kersfees nie.
More
Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/