Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein ProfeteVoorbeeld

Sonde Lek
Lees: Jona 1:4-16
SOAP: Jona 1:12
Jona het hulle geantwoord: “Vat my en gooi my in die see, dan sal dit kalm word rondom julle, want ek weet dit is oor my dat hierdie groot storm rondom julle woed.”
Oordenking
In die wetenskapklas het ons eenkeer Newton se derde bewegingswet geleer wat sê “elke aksie het ‘n gelyke en teenoorgestelde reaksie”. Hierdie teorie verduidelik hoe ‘n voorwerp in die fisiese wêreld beweeg wanneer dit deur ‘n ander voorwerp getref word, maar dit is net soveel van toepassing op die onsigbare wêreld, of ons sonde, en die gevolge daarvan.
Sonde is enigiets wat ons dink, sê of doen wat God nie behaag of eer nie. Ons sonde bring skeiding tussen ons en God en maak dat ons die dood verdien in die lig van God se heiligheid. Ons kan teen iemand anders of teen onsself sondig, maar uiteindelik sondig ons tog maar teen God.
Sonde lek egter. Die uitwerking van sonde sypel altyd uit en raak diegene om ons. Dit mag aanvanklik nie merkbaar wees nie, maar dit gebeur wel. As jy in die gewoonte gekom het om die waarheid te verdraai wanneer jy praat, gaan ander uiteindelik nie meer glo wat jy te sê het nie. Sonde het altyd ‘n uitwerking op ander.
Daar is ook gevolge van sonde. Sommige daarvan is onmiddellik merkbaar, soos in Jona se geval. Ander kere kan die gevolge van sonde tot later in die lewe uitgestel word of totdat Jesus terugkom en alles wat verborge was, openbaar.
Omdat Jona opsetlik ongehoorsaam was aan God se opdrag om na Nineve te gaan, het God ‘n storm gestuur. Hierdie storm het egter nie net op Jona ‘n uitwerking gehad nie. Dit het die ander matrose op die skip in lewensgevaar gestel. Hoewel hierdie stormas gevolg van Jona se sonde gestuur is om hom terug te bring na God toe, het Hy die storm gebruik om die matrose te wys wie die Een Ware God is.
Sonde is bedrieglik. Ons kan maklik dink dat dit nie so erg is nie of dat ander nie daarvan gaan weet nie. Moenie mislei word nie. Sonde is verreikend maar vergifnis kan in die liefde en opoffering van Jesus Christus gevind word. Al wat nodig is, is geloof.
Gebed
Jesus, dankie dat U vergifnis vir my sondes bied. Help my om ‘n inventaris van my lewe te maak en te sien waar sonde my verblind en my verhouding met U en ander beïnvloed. Help my om berou te toon en versoening te soek waar dit nodig is. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans