Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein ProfeteVoorbeeld

God se Groot Genade
Lees: Jona 4
SOAP: Jona 4:2
Hy het tot die Here gebid en gesê: "Ag, Here, ek het dit geweet toe ek nog in my land was. Daarom het ek reg in die begin na Tarsis toe gevlug. Ek het geweet U is 'n genadige en barmhartige God, lankmoedig en vol liefde. U sien maklik af van die straf wat U aangekondig het."
Oordenking
As gelowiges is ons dankbaar dat verlossing 'n genadegawe is, maar het jy al ooit stilgestaan en regtig oordink wat genade is? Genade is God se onverdiende guns. Ons kry iets wat ons nie verdien nie.
In Jona hoofstuk 4 worstel Jona met God se karakter, veral sy genade. Jona het geweet dat God se karakter nooit verander nie. Hy is 'n God van genade, deernis, geduld en barmhartigheid. Daarop sê ons: "Halleluja!" Sonder hierdie eienskappe wat nooit verander nie, sou ons in ons sondes sterf en absoluut geen hoop hê nie.
Wanneer ons ons oë van onsself en ons geliefdes afhaal, is genade 'n moeilike konsep om volkome te aanvaar. God se genade in verlossing kan die ergste van oortreders, die ergste van woedende mense, die ergste van bedrieërs en leuenaars neem en hulle heel en splinternuut maak. Hulle sondes kan vergewe word as hulle met bekering en geloof reageer. Ons wonder of dit regtig regverdig is.
Ons kan sê dat ons dankbaar is dat God se genade so groot is, maar ons huiwer wanneer dit kom by God wat diegene vergewe wat ons seergemaak het of ons kwaad aangedoen het. In daardie gevalle sou ons regtig verkies dat geregtigheid geskied. Ons dink dalk, “Hoe kon hulle net vergewe word? Na alles wat hulle aan ons gesê en gedoen het?”
Dit is in hierdie oomblikke dat ons die kruis moet onthou. Jesus se dood aan die kruis was nodig as gevolg van jou sonde sowel as hulle s'n. Ons sonde is 'n aanstoot vir God se heiligheid, maar God het in sy genade gekies om 'n weg te maak vir almal om vergewe te word.
Vandag wanneer jy in die versoeking kom om te oordeel en sondes teen iemand anders op te weeg, onthou die koste van jou redding en die groot genade wat aan iemand so onverdiend gegee is.
Gebed
God, dankie dat U karakter nooit verander nie. Dankie dat redding deur U genade is. Ek verdien dit nie, maar U verwelkom my steeds as u kind deur geloof in Jesus. Help my om ander te sien soos U hulle sien. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans