Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein ProfeteVoorbeeld

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

DAG 17 VAN 29

Week 3 / God Bring Hoop

Oordeel en Hoop

Lees: Miga 1:1-9; 2:3-13

SOAP: Miga 2:12-13

Ek sal julle almal bymekaarmaak, Jakob, Ek sal dié vergader wat van Israel oorgebly het,

Ek sal hulle bymekaarbring soos skape in 'n kraal, soos 'n groot kudde in die weiveld,

die wêreld sal dreun van mense. Een wat uitbreek, sal hulle lei, hulle sal uitbreek en deur die poort gaan, hulle sal daar uitgaan, hulle Koning sal voor hulle uitgaan, die Here sal voor hulle wees.

Oordenking

Die boek Miga kombineer waarskuwings van oordeel met boodskappe van hoop. Alhoewel dit maklik is om op hoop te fokus, moet ons dit in die lig van oordeel verstaan. Miga waarsku Israel en Juda teen invalle deur Assirië en Babilon, wat as oordeel vir hulle sondes gestuur is. Hulle leiers het gulsig opgetree en God se wette oortree deur die armes en kwesbares uit te buit.

Let op wat die mense sê wanneer hulle teen hierdie oordeel gewaarsku word. Hulle sê dat God se geduld nooit sal opraak nie. Hy sou die volk nooit in ballingskap stuur nie (Miga 2:7). Hoewel die mense reg is dat God geduldig en lankmoedig is, verstaan hulle God se heiligheid verkeerd. God kan nie sonde ongestraf laat verbygaan nie. Hy sou nie regverdig wees as Hy dit toelaat nie.

Hoewel hierdie beloofde uitspraak moeilik is om te aanvaar, dra dit ook meriete. Die mense wou hulle eie weë bo God se weë kies, so God het hulle oorgegee aan wat hulle wou hê. Dit sou sleg eindig vir die volk Israel en Juda. As ons die oordeel wat belowe is, verstaan, kan ons die boodskap van hoop beter waardeer.

God is ook genadig en barmhartig. Hy het belowe om die getroue oorblyfsel te bewaar. Die einde van hoofstuk 2 beskryf God as die Herder van die mense. Hy sal sy volk bymekaarmaak en hulle ware koning wees. Hoe wonderlik! God hoef nie hierdie belofte te maak nie, maar Hy het gekies om dit te doen.

Wanneer ons verstaan wie God werklik is, laat dit ons toe om Hom te aanbid soos ons moet. Ons moet beide God se goddelike geregtigheid sowel as sy barmhartigheid en genade verstaan. Dit is in die lig van hierdie eienskappe dat ons vergewe en vry kan staan deur die kruis van Jesus Christus. Wat 'n ongelooflike God wat ons dien!

Gebed

God, dankie dat U heilig en barmhartig is en nie gelowiges behandel volgens ons sonde se verdienste nie. Help my om met die regte begrip van u karakter te leef. Mag dit my lei om U waarlik te aanbid. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans