Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein ProfeteVoorbeeld

Liefde vir God en Liefde vir Ander
Lees: Miga 6:1-8
SOAP: Miga 6:8
Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die Here van jou anders as om reg te doen, liefde en trou na te jaag en nederig voor jou God te lewe?
Oordenking
Het jy al ooit iets nie korrek gedoen nie? Miskien het jy na musiek geluister, saamgesing, en toe besef jy dat jy eintlik die woorde heeltemal verkeerd gesing het. Of dalk was jy oppad na jou bestemming en besef jy is besig om in die verkeerde rigting te ry. Hoewel hierdie lawwe voorbeelde is, praat Miga oor hierdie konsep in die begin van Miga 6.
Die volk van Israel en Juda het hul geloof heeltemal verkeerd benader. Hulle het begin om soos die nasies rondom hulle te lyk, deur valse gode te dien en die ware God, Yahweh, te verwerp. Toe vra God hulle: “Wat het Ek gedoen om dit te verdien?” Hy noem sy getroue dade om Israel uit slawerny in Egipte te red (Eksodus 12-15) en hoe Hy vir hul in die woestyn voorsien het (Numeri 22-24). God was altyd getrou. Dit was die mense wat hul God vergeet het en geweier het om Hom te volg.
Wat vra God van sy volgelinge? Miga sê ons moet reg doen, liefde en trou najaag, en nederig voor God leef. In wese wil God hê ons moet Hom en ander liefhê.
Ons mag dalk kerk toe gaan of goeie dinge doen asof dit die somtotaal van ons geloof in God is. Maar dit is nie die geval nie. Ja, ons dade kan ’n aanduiding wees van wie ons volg en liefhet, maar God kyk hoofsaaklik na ons harte.
As ons nie in Jesus vertrou het vir die vergifnis van ons sondes nie, en ons harte nie volledig aan Hom oorgegee is nie, is ons dade sinneloos. Dit is omdat ons dan nie die goeie dinge doen tot eer van God nie, maar eerder om Hom of ander te beïndruk of om trots op onsself te wees. In plaas daarvan wil God hê dat ons dade uit opregte toewyding aan Hom gedoen word en uit ware liefde vir die mense om ons. Hoe skiet ons nie te kort aan sy standaarde wanneer ons aan onsself oorgelaat word nie! Ons moet nederig vra dat Hy ons help om Hom en ander lief te hê soos Hy wil hê ons moet.
Wees lief vir God en wees lief vir ander mense. Dis so eenvoudig.
Gebed
Here, dankie dat al wat U van my vra, my hart is. Mag ek elke dag ten volle aan U oorgegee leef en ander liefhê in reaksie op U liefde. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans