Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein ProfeteVoorbeeld

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

DAG 19 VAN 29

’n Boodskap van Hoop

Lees: Miga 5:1-6; 5:9-14

SOAP: Miga 5:1

Maar jy, Betlehem-Efrata, jy is klein onder die familiesin Juda—maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en Hy sal in Israel regeer. Sy begin lê ver terug in die gryse verlede!

Oordenking

Hoop. Ons het almal woorde van hoop nodig in hierdie gebroke wêreld. Hoop hou ons aan die gang en help ons om dinge in perspektief te sien. Dink aan die hoop wat God se woorde deur Miga vir die mense gebring het. Oordeel het gekom as gevolg van hul afgodery en boosheid. Dit alleen was harde inligting om te verwerk. Maar toe kom Miga 5:2 met ’n boodskap van hoop.

Ten spyte van alles wat die volk van Israel en Juda gedoen het om hul rug op die enigste ware God te draai, was God steeds getrou. Hy het sy belofte nagekom wat Hy in die Tuin van Eden (Genesis 3:15) gemaak het, dat Hy ’n Verlosser sou stuur om mense van hul sondes te red. Met verloop van tyd het God stadig meer en meer van hierdie Verlosser openbaar—wie Hy sou wees en wat Hy sou wees. Nou wys God waar Hy gebore sou word.

Hierdie Verlosser sou uit die klein dorpie Betlehem kom. Dit was die tuiste van die groot Koning Dawid. Maar Betlehem was geen metropool of stad nie. Dit was ’n klein, onbeduidende dorpie buitekant Jerusalem. Maar God gebruik die klein en onbeduidende om sy planne uit te voer.

God het nie nodig gehad om hierdie waarheid oor die komende Messias op hierdie tydstip te openbaar nie. Die mense het skaars na die profete se boodskappe om na God terug te keer geluister. God is egter getrou. Dit is in die oomblikke waar dit lyk of alle hoop verlore is, dat Hy steeds intree en waarheid verkondig. Ek kan my nogal indink dat die gewig van hierdie boodskap die mense eers veel later ten volle getref het.

Vandag mag jy groot uitdagings of probleme in die gesig staar. Jy mag dalk in ’n seisoen wees waar jy jou rug op God gedraai het. Weet dat God steeds ’n boodskap van hoop vir jou het. Die Verlosser het gekom. Sy naam is Jesus. Hy bring ’n boodskap van hoop dat jy vergewe en vry van jou sondes kan wees. Hy wil vir jou ’n oorvloedige lewe gee, vol liefde, vreugde en vrede, wat vir ewig sal hou. Al wat Hy vra, is jou hart. Sal jy Hom vandag vertrou?

Gebed

Here, dankie dat U ’n God van hoop is. Dankie dat U nie opgegee het metU volknie, en dat U steeds die weg vir die komende Verlosser voorberei het. Help my vandag om U te vertrou in my omstandighede, wetende dat U my grootste skat enhoop is. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans