Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein ProfeteVoorbeeld

Wie Dien Jy?
Lees: Miga 3:9-12; 4:1-5; 4:10-12
SOAP: Miga 4:1
Daar kom 'n tyd dat die berg waarop die huis van die Here is,'n blywende plek sal hê bokant die bergtoppe en sal uitstaan bo die heuwels.
Oordenking
Die leiers van Israel en die profete was almal korrup. Hulle het hul eie belange bo die belange van die mense gedien. Dit het verwoesting en vernietiging binne die land veroorsaak. Hulle het vergeet wie hulle werklik dien.
Ons staan ook voor 'n soortgelyke keuse. In 'n wêreld wat sê dat dit die belangrikste is om jouself te dien en te doen wat vir jou reg lyk, moet ons besluit wie ons gaan dien. Gaan ons onsself of God dien? Neem 'n oomblik om aan jou eie hart te dink. Is jy gewillig om jou behoeftes en begeertes opsy te sit om te volg waartoe God jou roep? Is jy bereid om ander eerste te stel eerder as om iets te kry wat jy wil hê? Is jou hartsbegeerte om die naam van Jesus bekend te maak bo die bou van jou platform of die bou van jou eie roem? Dit is 'n keuse wat ons almal moet maak.
Hoewel dit dalk aanloklik lyk om jouself te dien, lei dit altyd tot teleurstelling en pyn. Jesus bied ons oorvloedige lewe hier en nou en vir die ewigheid. Maar, sê Hy, as ons ware geluk wil hê, moet ons onsself verloën. Ons moet gewillig wees om die plek van 'n dienskneg in te neem, net soos Hy gedoen het. Dit sal soms ongemaklik en selfs pynlik wees, maar ons sal geseënd wees. En wanneer Jesus terugkeer om sy eie in sy koninkryk in te neem, sal ons nie spyt wees oor enige opoffering wat ons gedurende ons aardse lewe gemaak het nie.
Die leiers van Israel het vergeet wie hulle dien. Hulle is afgelei van die belangrikste ding. Kom ons hou ons oë gefokus op Christus en maak die deel van die goeie nuus van die evangelie ons belangrikste diens.
Gebed
Jesus, ek kan so dikwels my fokus van U af na myself wend. Heilige Gees, wanneer dit gebeur, help my om my blik terug te draai na Christus. Mag ek geken word daarvoor dat ek die Here liefhet en Hom dien in plaas daarvan om soos die wêreld te wees en net myself te dien. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans