Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein ProfeteVoorbeeld

God se Genade is Groter
Lees: Jona 3
SOAP: Jona 3:5
Die mense van Ninevé het toe in God geglo en hulle het 'n dag aangekondig om te vas. Groot en klein het rouklere aangetrek.
Oordenking
Hoeveel keer het jy al aan iemand wat jy ken gesê of gedink: "Hulle sal nooit verander nie. Wat is die punt?” Dit kan uitputtend wees om te hoop op iets anders in 'n persoon wanneer hulle nog nooit enige teken van 'n begeerte om te verander getoon het nie. Jona het dit sterk gevoel toe hy uiteindelik by Ninevé uitgekom het.
Al het Jona sopas hierdie ongelooflike ervaring van verlossing van God gehad, sien ons dat sy houding teenoor die mense van Ninevé glad nie verander het nie. Ons lees in vers vier dat Jona 'n boodskap van bekering aan die Nineviete verkondig het. In Hebreeus was die boodskap slegs vyf woorde. Soos ons môre sal sien, het Jona heimlik gehoop dat God nie genadig sou wees met hierdie goddelose nasie nie.
Hier is die ding. Wanneer ons die evangelie verkondig, gaan dit nie oor ons nie. Dit gaan nie oor hoe welsprekend, aantreklik of oortuigend ons kan wees nie. Dit gaan nie oor hoe lank ons boodskap is nie. Dit gaan oor God en die Heilige Gees se beweging in 'n mens se hart. God kan enige iemand en enige oomblik gebruik om 'n persoon se oë oop te maak vir die waarheid van die evangelie. Jona se boodskap was immers redelik kort. Tog het God in sy goedheid steeds gekies om Jona se woorde te gebruik om die hele stad te transformeer.
In Jona se oë was daar absoluut geen hoop of geen rede om te verwag dat die Nineviete sou verander nie, maar God is groter. Niemand is ooit te ver weg nie. Soos Jona pas ervaar het kan God enigiemand red, selfs uit die donkerste dieptes.
God het alle gelowiges geroep om deel te wees van sy reddingsending deur Jesus Christus. Ons het die geleentheid om die goeie nuus van die evangelie aan almal rondom ons te verkondig, of hulle nou ver of naby aan God is.
Gebed
God, dankie dat U 'n genadige God is. U het my van sonde gered, en U kan enigiemand red, maak nie saak wat hulle gedoen het nie. Help my om u evangelie getrou te verkondig waar ek ook al gaan. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans