EsterVoorbeeld

Met die Oog op ‘n Tyd Soos Hierdie
Lees: Ester 4:12-14
SOAP: Ester 4:14
“As jy nóú swyg en daar kom van 'n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!”
Oordenking
God se voorsiening is pragtig deur Ester se verhaal geweef, en vandag se verse vang 'n deurslaggewende oomblik vas. Esther het voor 'n lewensveranderende besluit te staan gekom. Sy kon stilbly en alles waag, of sy kon ’n stap in geloof neem en die invloed wat God haar gegee het, gebruik om 'n verskil te maak. Mordegai se woorde in Ester 4:14 herinner ons op 'n kragtige wyse dat selfs wanneer ons onseker voel, God 'n doel het vir waar Hy ons plaas.
Liewe vriendin, jy het dalk nie 'n koninklike titel soos Ester nie, maar God het jou vir 'n rede geplaas waar jy is. Dink aan jou eie lewe. Waar het God jou vir so 'n tyd soos hierdie geplaas? Wie het Hy op jou pad geplaas om aan te moedig of te beïnvloed? Deur watter omstandighede loop jy wat 'n geleentheid kan wees om sy krag en liefde te toon? Dikwels lyk die tydsberekening nie ideaal nie, en die uitdagings mag oorweldigend voel, maar ons kan moed skep met die wete dat God diegene wat Hy roep, toerus.
God is altyd agter die skerms aan die werk en orkestreer gebeure op maniere wat ons nie kan sien nie. Hy het nie perfeksie nodig nie; Hy vra bloot vir 'n gewillige hart. Wanneer ons met geloof eerder as vrees reageer, kan God ons gebruik op maniere waaraan ons nooit gedink het nie. Ester se moed herinner ons daaraan dat God se planne groter is as ons vrese. Die oomblik om in geloof uit te stap, voel dalk nie altyd gerieflik nie, maar dit is altyd betekenisvol.
Waar God jou ook al vandag geplaas het, vra Hom vir die moed om te sê: "Ja, Here. Gebruik my vir so 'n tyd soos hierdie."
Gebed
Here Jesus, help my om moedig soos Ester te wees en in geloof uit te stap wanneer U roep. Gee my die moed om u woordvoerder te wees op die plekke waar U my geplaas het en om u planne te vertrou, selfs wanneer ek bang is. Gebruik my om u liefde en krag vir so 'n tyd soos hierdie te weerspieël. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

In 'n wêreld wat daagliks 'n uitdaging op ons geloof plaas, is dit meer belangrik as ooit om sterk en dapper te wees en op te staan vir wat reg is. Die boek Ester is tydloos en is net so toepaslik vir ons lewens vandag. Kom ons leer van Ester om te kies om dapper te wees en die regte ding te doen, te midde van onsekerheid.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans