EsterVoorbeeld

Week 1 / Maak Staat Op en Vertrou God se Wysheid
Blywende Skatte
Read: Ester 1:1-8; Matteus 6:19-21
SOAP: Matteus 6:19-21
“Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”
Oordenking
Wanneer jy die rykdom, krag en afkoms het wat koning Ahasveros gehad het, kan jy sien waarom hy met trots geworstel het. Die koning het alles gehad wat hy ooit sou wou hê, en nog meer. Hier aan die begin van ons studie, wanneer ons Ester 1:1-8 lees, sien ons 'n man was obsessief was om sy rykdom en mag te vertoon. Vir 180 dae het hy sy weelde en praal ten toon gestel met die doel dat almal hom moet bewonder. Alhoewel ons dalk nie groot rykdom of mag soos koning Ahasveros besit nie, kan ons onsself van tyd tot tyd in 'n soortgelyke strikval bevind, waar ons graag ander mense wil beïndruk met ons besittings, ons status, of wat ons bereik het. Soos koning Ahasveros word ons harte trots wanneer ons kies om meer waarde te heg aan dít wat ons het, as aan God, die gewer van alle goeie dinge.
Jesus wys ons egter in Matteus 6:19-21 'n ander weg. Hy leer ons om nie ons skatte hier op aarde bymekaar te maak, waar dit uiteindelik sal verdwyn nie, maar om te fokus op ewige skatte — dinge wat vir ewig sal hou. Wat is hierdie skatte? Die Woord van God en die siele van mense. Dit is die dinge wat vir die ewigheid saakmaak en niks kan dit verwoes nie. As Christene is ons geroep om te belê in hierdie ewige skatte in plaas daarvan om vasgevang te word deur die tydelike plesiere van hierdie wêreld.
Om te leef met die hemel in die voorgrond van jou gedagtes, beteken om jou fokus te verskuif van die aarde na die hemel. Voorbeelde hiervan is om meer tyd in die Woord van God deur te bring, om uit te reik na iemand wat behoeftig is, of om verhoudings te bou met diegene wat God in jou lewe geplaas het. Jou bankstate en beleggings vir jou aftrede mag anders lyk wanneer jy fokus om te belê in die ewigheid, eerder as op dit wat tydelik is en jy 'n hart reflekteer wat gefokus is op die ewigheid, eerder as op dit wat vlietend is. Aan die einde van ons lewens, mag dit gesê word dat ons ons geld, tyd en talente uitgestort het op dít wat nooit van ons af weggeneem kan word nie.
Gebed
Here Jesus, gee my 'n hart wat gefokus is op die ewigheid. Help my om afstand te doen van wêreldse trots en om te fokus op wat waarlik saak maak — u koninkryk, u Woord en die mense vir wie U lief is. Gee my die moed om vir U te leef en my lewe te wy vir u glorie, nie myne nie. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

In 'n wêreld wat daagliks 'n uitdaging op ons geloof plaas, is dit meer belangrik as ooit om sterk en dapper te wees en op te staan vir wat reg is. Die boek Ester is tydloos en is net so toepaslik vir ons lewens vandag. Kom ons leer van Ester om te kies om dapper te wees en die regte ding te doen, te midde van onsekerheid.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans