EsterVoorbeeld

Ester

DAG 4 VAN 43

Reageer met Verstandigheid

Lees: Ester 1:9-12; Spreuke 12:16

SOAP: Spreuke 12:16

“'n Dwaas wys dadelik dat hy beledig voel; 'n verstandige mens laat nie blyk dat hy gekrenk is nie.”

Oordenking

Koning Ahasveros was nie gewoond daaraan om nie te kry wat hy wou hê nie. Koningin Vasti se weiering het hom nie net in die verleentheid gebring voor sy gaste nie, maar dit het ook sy trots geskend. Die koning se mag en outoriteit is uitgedaag en dit deur 'n vrou, sy koningin. Sy woede en vurige humeur het dadelik opgevlam toe die verleentheid hom verswelg het.

Ek lees hierdie verse en sit en oordeel koning Ahasveros, tog hoeveel keer was ek ook hier? Ek vra my kinders om iets te doen, maar hulle weier uitdagend terwyl ons in die openbaar is. Dit blyk asof 'n vriendin wat ek al vir jare ken, skielik nie meer ons vriendskap as belangrik ag en sy maak nie meer tyd vir my nie. Of wanneer ek haastig is om by my afspraak uit te kom en 'n onoplettende bestuurder ry skielik voor my in. In al hierdie situasies begin my hart vinnig klop en is ek in die versoeking om kwaad te raak en in woede uit te bars. In daardie oomblikke besef ek dat ek nie soveel anders is as koning Ahasveros as wat ek graag wil dink nie.

In Spreuke 12:16 lees ons dat 'n verstandige mens nie laat blyk dat hy gekrenk is nie. Wag, wat? God wil hê dat ek die beledigings moet oorsien in plaas van om terug te veg? Die woordeboek sê "verstandig" beteken om met sorg en denke oor die toekoms op te tree. In plaas daarvan om dadelik te reageer op 'n negatiewe situasie en soos 'n dwaas op te tree, wil God hê dat ek moet stilstaan en dink oor die toekoms, die situasie bepeins en, indien moontlik, die krenking ignoreer. Wanneer ons die toekoms oordink, gee dit ons tyd om te kalmeer en die situasie beter te evalueer. En wanneer moontlik, die belediging te ignoreer.

Gebed

Here Jesus, help my om 'n vrou van wysheid te wees, in plaas van 'n dwaas wat met woede instorm die oomblik wanneer ek te nagekom word of ontsteld is. Help my om oor die toekoms te dink en te evalueer hoe my reaksie 'n positiewe of 'n negatiewe invloed daarop kan hê. Versterk my asseblief in hierdie situasies om te reageer op 'n manier wat U eer. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Ester

In 'n wêreld wat daagliks 'n uitdaging op ons geloof plaas, is dit meer belangrik as ooit om sterk en dapper te wees en op te staan vir wat reg is. Die boek Ester is tydloos en is net so toepaslik vir ons lewens vandag. Kom ons leer van Ester om te kies om dapper te wees en die regte ding te doen, te midde van onsekerheid.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans