30 Dae in PsalmsVoorbeeld

30 Dae in Psalms

DAG 3 VAN 30

Bid wanneer daar moeilikheid kom

“Staan op, Here, verlos my, my God” (Psalm 3:8 AFR20).

Dawid het hierdie Psalm geskryf, toe hy in 'n baie moeilike situasie was. Sy eie seun het probeer om sy troon te bestyg. Dit was beide skandelik en gevaarlik vir Dawid. Hy moes uit die koninklike stad vlug en die spot van mense verduur.

Dit was nie die eerste keer dat Dawid se lewe in gevaar was nie. Hy het dikwels ervaar hoe God hom van sy vyande gered het. Nou herinner hy homself doelbewus aan hoe God hom in daardie situasies geantwoord het. En hy roep opnuut uit: “Verlos my, my God” (Psalm 3:8 AFR20). Dawid weet dat God kan help, en dat Hy bereid is om dit te doen. Daarom plaas hy al sy vertroue in die Here.

Hoe reageer jy wanneer jy probleme ondervind? Wanneer jy oorweldig voel, roep jy na die Here om hulp? Jy het baie goeie rede daarvoor, want God belowe in Psalm 50:15 (AFR20): “Roep My aan in 'n tyd van nood; Ek sal jou red, en jy sal My eer.” Glo jy dat dit waar is?

Aangaande hierdie leesplan

30 Dae in Psalms

Die boek Psalms bevat 150 gedigte en liedere. Dit is gedigte wat die pyn, vrees, vreugde en hoop uitdruk van mense wat hul vertroue in God stel. Hierdie 30-dae leesplan nooi jou uit om te ontdek hoe die eeueoue woorde jou kan help om jou eie emosies uit te druk, nuwe hoop te vind en jou geloof te versterk.

More

Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.globalrize.org