1
PREDIKER 9:10
Nuwe Lewende Vertaling
Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen, want in die graf waarheen jy op pad is, is daar nie werk of insig, kennis of wysheid nie.
Vergelyk
Verken PREDIKER 9:10
2
PREDIKER 9:11
Ek het nog iets onder die son gesien: Die vinnigste wen nie die resies nie. Die sterkstes wen nie die geveg nie. Ook dié met wysheid is nie dié wat kos het nie. Dis nie verstandiges wat ryk word, of dié met kennis met wie dit goed gaan nie. Alles word bepaal deur tyd en gebeurtenisse.
Verken PREDIKER 9:11
3
PREDIKER 9:9
Leef gelukkig saam met die vrou wat jy liefhet, solank die sinlose lewe aanhou wat God jou onder die son gegee het. Dit kom jou toe in die lewe, onder al jou geswoeg onder die son.
Verken PREDIKER 9:9
4
PREDIKER 9:7
Daarom, eet jou brood met blydskap. Drink jou wyn met ’n hart vol vreugde. Want God het lankal reeds dit goedgekeur wat jy doen.
Verken PREDIKER 9:7
5
PREDIKER 9:18
Wysheid is meer werd as oorlogswapens. Maar een persoon wat fouteer, kan baie wat goed is, bederf.
Verken PREDIKER 9:18
6
PREDIKER 9:17
Tog word die rustige woorde van die wyse beter gehoor as die harde geskreeu van ’n koning wat oor dwase regeer.
Verken PREDIKER 9:17
7
PREDIKER 9:5
Dié wat lewe, weet ten minste dat hulle sal doodgaan. Maar dooies weet niks. Daar wag vir hulle geen beloning meer nie, en niemand onthou hulle nie.
Verken PREDIKER 9:5
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's