1
GENESIS 37:5
Nuwe Lewende Vertaling
Een nag het Josef ’n droom gehad. Hy het dit vir sy broers vertel, waarna hulle hom nog meer gehaat het.
Vergelyk
Verken GENESIS 37:5
2
GENESIS 37:3
Jakob het Josef liewer gehad as al sy ander kinders omdat hy gebore is toe Jakob reeds bejaard was. Hy gee toe vir Josef ’n besondere kleed.
Verken GENESIS 37:3
3
GENESIS 37:4
Maar sy broers het Josef gehaat omdat hulle pa vir Josef voorgetrek het. Hulle het geen vriendelike woord vir hom gehad nie.
Verken GENESIS 37:4
4
GENESIS 37:9
Daarna het Josef nog ’n droom gehad en hy vertel dit weer aan sy broers. “Luister na hierdie droom,” sê hy. “Die son, maan en elf sterre het voor my kom neerbuig!”
Verken GENESIS 37:9
5
GENESIS 37:11
Maar terwyl sy broers jaloers was op Josef, het sy pa tog daaroor nagedink en gewonder wat dit alles sou beteken.
Verken GENESIS 37:11
6
GENESIS 37:6-7
“Kom luister na hierdie droom van my,” het hy gesê. “Ons was besig op die land om gerwe graan vas te bind. My gerf het regop gestaan, maar julle gerwe het rondom kom staan en laag voor myne gebuig!”
Verken GENESIS 37:6-7
7
GENESIS 37:20
“Kom ons maak hom dood en gooi hom in ’n diep put. Ons kan ons pa vertel dat ’n wilde dier hom opgevreet het. Dan sal ons sien wat word van sy drome!”
Verken GENESIS 37:20
8
GENESIS 37:28
Toe die handelaars by hulle verbykom, trek die broers vir Josef op uit die put. Daarna verkoop hulle hom vir twintig stukke silwer. Die Ismaelitiese handelaars het hom saamgeneem Egipte toe.
Verken GENESIS 37:28
9
GENESIS 37:19
“Hier kom daardie dromer!” het hulle uitgeroep.
Verken GENESIS 37:19
10
GENESIS 37:18
Toe sy broers hom sien aankom, het hulle hom van ver af herken en planne beraam om hom dood te maak.
Verken GENESIS 37:18
11
GENESIS 37:22
“Hoekom sal ons bloed vergiet? Kom ons gooi hom lewendig in hierdie put in die woestyn. Dan sal hy sterf sonder dat ons hom self doodgemaak het.” Ruben het stilletjies beplan om Josef te help ontsnap en hom dan na sy pa terug te stuur.
Verken GENESIS 37:22
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's