As ek praat,
moet ek elke keer net uitroep:
“Geweld en vernietiging!”
Die boodskap wat die HERE
vir my gegee het,
veroorsaak dat almal my
aanhoudend spot.
Ek het al gesê
ek sal niks van die HERE sê
of namens Hom praat nie.
Maar dan is dit soos ’n vuur
wat in my hart brand!
Ek is moeg daarvan
om weerstand te bied;
trouens, ek kan nie meer nie.