1
SPREUKE 14:12
Nuwe Lewende Vertaling
Dit lyk dalk vir iemand of hy die regte ding doen; agterna kom dit uit dat dit na die dood gelei het.
Vergelyk
Verken SPREUKE 14:12
2
SPREUKE 14:30
Innerlike kalmte bevorder die gesondheid. Jaloesie vreet ’n mens op.
Verken SPREUKE 14:30
3
SPREUKE 14:29
’n Geduldige mens het baie insig. Iemand wat kort van draad is, stal sy dwaasheid uit.
Verken SPREUKE 14:29
4
SPREUKE 14:1
’n Verstandige vrou bevorder die belange van haar huis. ’n Dwase vrou is self verantwoordelik vir die agteruitgang van haar huis.
Verken SPREUKE 14:1
5
SPREUKE 14:26
Hy wat ontsag het vir die HERE, geniet sekuriteit; sy kinders vind vastigheid by hom.
Verken SPREUKE 14:26
6
SPREUKE 14:27
Ontsag vir die HERE is ’n bron van lewe; dit beskerm jou teen die strikke van die dood.
Verken SPREUKE 14:27
7
SPREUKE 14:16
’n Wyse persoon is versigtig, hy vermy die kwaad. ’n Dom mens is oorverseker en gaan maar net aan sonder om te dink.
Verken SPREUKE 14:16
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's