1
SPREUKE 3:5-6
Nuwe Lewende Vertaling
Vertrou op die HERE met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys.
Vergelyk
Verken SPREUKE 3:5-6
2
SPREUKE 3:7
Moenie jou eie wysheid oorskat nie. Hou eerder die HERE voor oë en vermy wat sleg is.
Verken SPREUKE 3:7
3
SPREUKE 3:9-10
Vereer die HERE met alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes. Hy sal jou opgaarplekke vol maak. Jou parskuipe sal oorloop van al die wyn.
Verken SPREUKE 3:9-10
4
SPREUKE 3:3
Moenie dat jy tekort skiet aan liefde en getrouheid nie. Koester dit soos iets waardevols wat jy om jou nek dra. Skryf dit op die tafel van jou hart.
Verken SPREUKE 3:3
5
SPREUKE 3:11-12
My seun, moenie dit verontagsaam wanneer die HERE jou reghelp nie. Moenie jou verset wanneer Hy jou teregwys nie. Die HERE bestraf immers hulle wat Hy liefhet net soos ’n pa sy seun teregwys.
Verken SPREUKE 3:11-12
6
SPREUKE 3:1-2
My seun, moenie vergeet wat ek jou geleer het nie. Hou vas aan my opdragte. Dit sal jou lank laat lewe en jou ’n voorspoedige lewe gee.
Verken SPREUKE 3:1-2
7
SPREUKE 3:13-15
Die mens wat wysheid kry, is gelukkig. Dit gaan goed met die mens wat insig kry. Wysheid het meer voordele as geld. Haar beloning is meer werd as goud. Wysheid het meer waarde as edelstene. Niks wat jy ooit kan begeer, vergelyk daarmee nie.
Verken SPREUKE 3:13-15
8
SPREUKE 3:27
Moenie wag om goed te doen vir iemand wat dit nodig het nie, veral as dit vir jou moontlik is om dit te doen.
Verken SPREUKE 3:27
9
SPREUKE 3:19
Die HERE het die aarde met wysheid op sy plek neergesit, met insig die hemel oopgespan.
Verken SPREUKE 3:19
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's