Aan die vrou is egter twee groot arendsvlerke gegee sodat sy na haar plek in die woestyn kon vlieg. Dáár word sy versorg vir ’n tyd, tye en ’n halwe tyd, heeltemal buite bereik van die slang.
Die slang het toe uit sy bek ’n boog water soos ’n rivier agter die vrou aan uitgespoeg sodat sy deur die stroom meegesleur kon word, maar die aarde het die vrou te hulp gesnel. Die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier wat die draak uit sy bek uitgespoeg het, ingesluk.