1
Prediker 5:2
Bybel vir almal
Wanneer jy besig is met baie dinge, dan droom jy baie dinge. Wanneer jy baie praat, dan praat jy soos 'n dwaas.
Vergelyk
Verken Prediker 5:2
2
Prediker 5:19
So 'n persoon sal nie baie terugdink aan wat in sy lewe gebeur het nie, want hy is besig met die baie goeie dinge wat God vir hom gee.
Verken Prediker 5:19
3
Prediker 5:10
Wanneer jou goed baie word, dan word die mense wat kom eet, ook baie, en die persoon wat die baie goed het, kan net kyk hoe hulle eet, hy kan niks anders doen nie.
Verken Prediker 5:10
4
Prediker 5:1
Jy moenie te gou praat nie, jy moenie te gou iets aan God belowe nie, want God is in die hemel en jy is op die aarde. Daarom moet jy versigtig wees wat jy sê.
Verken Prediker 5:1
5
Prediker 5:4
Dit is beter om nie te belowe nie as om te belowe en dit nie te doen nie.
Verken Prediker 5:4
6
Prediker 5:5
Jy moenie dinge sê wat vir jou sonde laat doen nie, jy sal daaroor swaarkry. Jy moenie daardie dinge doen nie, want dan sal jy vir die boodskapper van God moet sê: “Ek het 'n fout gemaak, ek het verkeerde dinge gepraat.” Jy moenie dinge sê wat vir God kwaad maak nie. Hy sal alles verwoes wat jy gemaak het.
Verken Prediker 5:5
7
Prediker 5:12
Ek het gesien daar gebeur 'n baie slegte ding in hierdie wêreld: Iemand maak baie goed bymekaar, maar daardie goed laat dit sleg gaan met hom.
Verken Prediker 5:12
8
Prediker 5:15
Ook dít is 'n baie slegte ding: 'n Mens gaan uit die wêreld soos hy ingekom het. Hy hou niks oor van alles waarvoor hy hard gewerk het nie, dit was soos wind.
Verken Prediker 5:15
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's