1
Johannes 7:38
Bybel vir almal
Dit sal wees soos daar in die Ou Testament geskryf is: “ As iemand in My glo, dan sal die water soos fonteine uit hom vloei, die water wat die ewige lewe gee.”
Vergelyk
Verken Johannes 7:38
2
Johannes 7:37
Die laaste dag van die fees was die belangrikste dag. Op daardie dag het Jesus opgestaan en hard gesê: “As iemand dors is en hy wil lewe, dan kan hy na My toe kom en water kom drink wat die ewige lewe gee.
Verken Johannes 7:37
3
Johannes 7:39
Toe Jesus dit gesê het, het Hy van die Heilige Gees gepraat. Almal wat in Jesus geglo het, het later die Heilige Gees ontvang. God het eers vir hulle gewys dat Jesus ook God is, daarna het hulle die Gees ontvang.
Verken Johannes 7:39
4
Johannes 7:24
Julle moenie na iemand se buitekant kyk en dan sê hy doen verkeerd nie. Julle moet regverdig wees.”
Verken Johannes 7:24
5
Johannes 7:18
Iemand wat vir ander mense dinge leer wat van homself kom, doen dit sodat die mense kan dink hy is belangrik. Ek doen dit nie. Ek wil hê dat die mense moet weet God is belangrik, God wat My na die wêreld gestuur het. Daarom kan die mense My glo. Ek is nie vals nie.
Verken Johannes 7:18
6
Johannes 7:16
Jesus het vir hulle gesê: “Dit wat Ek vir julle leer, kom nie van My nie. Dit kom van God wat My na die wêreld gestuur het.
Verken Johannes 7:16
7
Johannes 7:7
Die mense van die wêreld kan julle nie haat nie, maar hulle haat My, want Ek sê hulle doen slegte dinge.
Verken Johannes 7:7
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's