1
2 Konings 5:1
Die Bybel 2020-vertaling
Naäman, die bevelvoerder van die koning van Aram se leër, was 'n invloedryke man by sy heer, en hoog in aansien, want deur hom het die HERE aan Aram 'n oorwinning gegee. Maar die man, 'n dapper kryger, het 'n velsiekte gehad.
Vergelyk
Verken 2 Konings 5:1
2
2 Konings 5:10
Elisa het 'n boodskapper na hom gestuur met die woorde: “Gaan was jou sewe keer in die Jordaan, sodat jou liggaam kan herstel, en word so rein.”
Verken 2 Konings 5:10
3
2 Konings 5:14
Hy het toe afgegaan en sy liggaam sewe keer in die Jordaan gedompel, volgens die woord van die man van God. Sy liggaam het herstel en geword soos die liggaam van 'n klein seuntjie, en hy was rein.
Verken 2 Konings 5:14
4
2 Konings 5:11
Maar Naäman het hom vererg en weggegaan. Hy het gesê: “Kyk, ek het gedink hy sal beslis na my toe uitkom, en gaan staan en die Naam van die HERE sy God aanroep, en sy hand oor die plek beweeg en die velsiekte wegneem.
Verken 2 Konings 5:11
5
2 Konings 5:13
Maar sy dienaars het nader gegaan en met hom gepraat. “My vader,” het hulle gesê, “as dit 'n moeilike opdrag was wat die profeet u gegee het, sou u dit nie gedoen het nie? Hoeveel te meer wanneer hy vir u gesê het, ‘Was en word rein!’ ”
Verken 2 Konings 5:13
6
2 Konings 5:3
Sy het vir haar eienares gesê: “As my heer maar net voor die profeet kon verskyn wat in Samaria is, dan sou hy hom van sy velsiekte verlos.”
Verken 2 Konings 5:3
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's