1
2 Konings 6:17
Die Bybel 2020-vertaling
Elisa het toe gebid en gesê: “HERE, maak tog sy oë oop, dat hy kan sien!” Daarop het die HERE die dienaar se oë oopgemaak, en hy sien toe – sowaar, die berg rondom Elisa is vol perde, en strydwaens van vuur!
Vergelyk
Verken 2 Konings 6:17
2
2 Konings 6:16
Maar hy het geantwoord: “Moenie bang wees nie, want hulle wat by ons is, is meer as dié wat by hulle is.”
Verken 2 Konings 6:16
3
2 Konings 6:15
Toe die dienaar van die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar sowaar 'n leërmag met perde en strydwaens om die dorp! Sy dienaar sê toe vir hom: “Ag, my heer, wat moet ons doen?”
Verken 2 Konings 6:15
4
2 Konings 6:18
Toe die Arameërs na hom afkom, bid Elisa tot die HERE en sê: “Slaan tog hierdie nasie met blindheid!” Die HERE het hulle toe met blindheid geslaan, soos Elisa versoek het.
Verken 2 Konings 6:18
5
2 Konings 6:6
Daarop vra die man van God: “Waar het dit geval?” Hy wys hom toe die plek. Die man van God het 'n stukkie hout afgesny, dit daarheen gegooi en die byl se kop laat dryf.
Verken 2 Konings 6:6
6
2 Konings 6:5
Maar terwyl die een besig was om 'n balk af te kap, val die byl se kop in die water. Hy roep toe uit en sê: “Ag, my heer, dit was 'n geleende een!”
Verken 2 Konings 6:5
7
2 Konings 6:7
Hy sê toe: “Haal dit vir jou uit!” Hy het sy hand uitgesteek en dit geneem.
Verken 2 Konings 6:7
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's