1
Jesaja 6:8
Die Bybel 2020-vertaling
Toe hoor ek die stem van my Heer wat sê: “Wie sal Ek stuur en wie sal vir ons gaan?” Ek sê toe: “Hier is ek, stuur my!”
Vergelyk
Verken Jesaja 6:8
2
Jesaja 6:3
Hulle het na mekaar geroep en gesê: “Heilig, heilig, heilig is die HERE, Heerser oor alle magte! Die hele aarde is vol van sy heerlikheid.”
Verken Jesaja 6:3
3
Jesaja 6:5
Ek het gesê: “Wee my, want ek is verlore! Want ek is 'n mens met onrein lippe, en by 'n volk met onrein lippe woon ek. Ja, my oë het die Koning, die HERE, Heerser oor alle magte, gesien.”
Verken Jesaja 6:5
4
Jesaja 6:1
In die sterfjaar van koning Ussia het ek my Heer sien sit op 'n hoë en verhewe troon. Die some van sy kleed het die •tempel gevul.
Verken Jesaja 6:1
5
Jesaja 6:7
Hy het my mond aangeraak en gesê: “Kyk, dit het jou lippe aangeraak, jou sondeskuld het gewyk, daar is vir jou sonde versoening gedoen.”
Verken Jesaja 6:7
6
Jesaja 6:2
Serafs het bo Hom gereedgestaan. Elkeen het ses vlerke gehad: Met twee vlerke het elkeen sy gesig bedek, met twee het hy sy voete bedek en met twee kon hy vlieg.
Verken Jesaja 6:2
7
Jesaja 6:6
Een van die serafs het na my toe gevlieg met 'n gloeiende kool by hom wat hy met 'n tang van die altaar af geneem het.
Verken Jesaja 6:6
8
Jesaja 6:9
Hy het gesê: “Gaan sê vir hierdie volk, ‘Luister goed, maar moenie verstaan nie; kyk goed, maar moenie begryp nie.’
Verken Jesaja 6:9
9
Jesaja 6:10
Maak die harte van hierdie volk ongevoelig, maak hulle ore doof en smeer hulle oë toe, sodat hulle nie sien met hulle oë, met hulle ore nie hoor, en met hulle hart nie verstaan, en nie terugdraai en genees word nie!”
Verken Jesaja 6:10
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's