1
Psalms 103:2
Die Bybel 2020-vertaling
Loof die HERE, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie
Vergelyk
Verken Psalms 103:2
2
Psalms 103:3-5
Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al jou siektes genees, wat jou lewe vrykoop van die graf, jou kroon met troue liefde en ontferming, wat jou begeerte met die goeie versadig. Soos 'n arend word jou jeug dan weer nuut.
Verken Psalms 103:3-5
3
Psalms 103:1
Van Dawid. Loof die HERE, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam!
Verken Psalms 103:1
4
Psalms 103:13
Soos 'n vader hom ontferm oor kinders, so ontferm die HERE Hom oor dié wat vir Hom ontsag het
Verken Psalms 103:13
5
Psalms 103:12
So ver as wat die ooste verwyder is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons.
Verken Psalms 103:12
6
Psalms 103:8
Barmhartig en genadig is die HERE, geduldig en oorvloedig in troue liefde
Verken Psalms 103:8
7
Psalms 103:10-11
Hy behandel ons nie ooreenkomstig ons sonde nie en vergeld ons nie ooreenkomstig ons sondeskuld nie; want so hoog as wat die hemel bo die aarde is, so troon sy troue liefde uit bo dié wat vir Hom ontsag het.
Verken Psalms 103:10-11
8
Psalms 103:19
Die HERE het in die hemel sy troon gevestig, en sy heerskappy strek oor alles.
Verken Psalms 103:19
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's