1
GÉNESIS 22:14
Afrikaans 1933/1953
En Abraham het dié plek genoem: Die HERE sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word.
Vergelyk
Verken GÉNESIS 22:14
2
GÉNESIS 22:2
Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.
Verken GÉNESIS 22:2
3
GÉNESIS 22:12
En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.
Verken GÉNESIS 22:12
4
GÉNESIS 22:8
En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir 'n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop.
Verken GÉNESIS 22:8
5
GÉNESIS 22:17-18
dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem. En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.
Verken GÉNESIS 22:17-18
6
GÉNESIS 22:1
NÁ hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
Verken GÉNESIS 22:1
7
GÉNESIS 22:11
Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
Verken GÉNESIS 22:11
8
GÉNESIS 22:15-16
Toe roep die Engel van die HERE vir die tweede keer na Abraham van die hemel af en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie
Verken GÉNESIS 22:15-16
9
GÉNESIS 22:9
Toe hulle kom op die plek wat God hom aangewys het, het Abraham daar die altaar gebou en die hout reggelê; daarna het hy sy seun Isak gebind en hom op die altaar bo-op die hout gesit.
Verken GÉNESIS 22:9
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's