1
MARKUS 9:23
Afrikaans 1933/1953
En Jesus sê vir hom: Wat dit betref — as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.
Vergelyk
Verken MARKUS 9:23
2
MARKUS 9:24
En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!
Verken MARKUS 9:24
3
MARKUS 9:28-29
En toe Hy in die huis kom, vra sy dissipels Hom afsonderlik: Waarom kon ons hom nie uitdrywe nie? En Hy sê vir hulle: Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie.
Verken MARKUS 9:28-29
4
MARKUS 9:50
Die sout is goed, maar as die sout souteloos word, waarmee sal julle dit smaaklik maak? Julle moet sout in julle hê en vrede hou met mekaar.
Verken MARKUS 9:50
5
MARKUS 9:37
Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in my Naam, ontvang My. En elkeen wat My ontvang, ontvang nie My nie, maar Hom wat My gestuur het.
Verken MARKUS 9:37
6
MARKUS 9:41
Want elkeen wat vir julle in my Naam 'n beker water gee om te drink, omdat julle aan Christus behoort, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.
Verken MARKUS 9:41
7
MARKUS 9:42
EN elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is beter vir hom as 'n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word.
Verken MARKUS 9:42
8
MARKUS 9:47
En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit. Dit is beter vir jou om met een oog die koninkryk van God in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word
Verken MARKUS 9:47
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's