1
Deuteronomium 4:29
Die Boodskap
“Dan sal julle weer na die Here begin verlang. En as julle Hom met alles in julle soek, sal julle Hom vind.
Vergelyk
Verken Deuteronomium 4:29
2
Deuteronomium 4:31
Onthou, die Here is ’n God wat oorloop van goedheid. Hy sal julle nie sommer los of weggooi nie. Hy wil nog steeds die liefdesverbond wat Hy al met julle voorvaders gesluit het, in ere hou.”
Verken Deuteronomium 4:31
3
Deuteronomium 4:24
Onthou, die Here is soos ’n vuur wat alles vernietig. Hy duld geen afgode nie.
Verken Deuteronomium 4:24
4
Deuteronomium 4:9
“Sorg dat julle nooit die dinge vergeet wat julle met julle eie oë gesien het nie. Julle moet dit lewenslank onthou en daaroor nadink. En julle moet ook vir julle kinders en kleinkinders daarvan vertel.
Verken Deuteronomium 4:9
5
Deuteronomium 4:39
Onthou dan nou dat die Here die enigste God in die hemel en op die aarde is. Daar is geen ander God soos Hy nie.
Verken Deuteronomium 4:39
6
Deuteronomium 4:7
Geen ander nasie het ’n god wat so naby aan sy volk is soos die Here ons God aan ons is nie. Elke keer as ons bid, help Hy ons.
Verken Deuteronomium 4:7
7
Deuteronomium 4:30
As al hierdie verskriklike dinge met julle gebeur en dit met julle sleg gaan, maar julle draai terug na die Here toe, móét julle opnuut na Hom luister.
Verken Deuteronomium 4:30
8
Deuteronomium 4:2
Moet niks bysit by hierdie wette nie en moet ook niks daarvan weglaat nie. Leef voluit volgens die Here se wil.
Verken Deuteronomium 4:2
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's