1
Jesaja 6:8
Die Boodskap
Toe het ek die Here hoor vra: “Wie sal Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” “Ek sal gaan,” het ek gesê, “U kan my stuur!”
Vergelyk
Verken Jesaja 6:8
2
Jesaja 6:3
Terwyl hulle so gevlieg het, het hulle oor en weer vir mekaar geroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Sy magtige teenwoordigheid sprei oor die aarde soos ’n doek.”
Verken Jesaja 6:3
3
Jesaja 6:5
Toe sê ek: “Dit is verby met my, want ek is skuldig! Ek doen gedurig sonde deur wat ek sê, en nie net ek nie, maar ook die volk by wie ek bly. En nou het ek met my eie oë die Koning gesien, die Here die Almagtige!”
Verken Jesaja 6:5
4
Jesaja 6:1
In die jaar toe koning Ussia dood is, het ek die Here in ’n visioen gesien. Hy het op ’n baie hoë troon gesit, en die soom van sy kleed het die tempel gevul.
Verken Jesaja 6:1
5
Jesaja 6:7
Hy raak toe met die kool aan my mond en sê: “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou skuld weggeneem en jou sonde vergewe.”
Verken Jesaja 6:7
6
Jesaja 6:2
Om Hom was daar serafs. Elkeen het ses vlerke gehad. Hulle het twee van die vlerke gebruik om hulle oë toe te hou sodat hulle nie die Here kon sien nie. Hulle het twee ander vlerke gebruik om hulle naaktheid te bedek en met die ander twee het hulle gevlieg.
Verken Jesaja 6:2
7
Jesaja 6:6
Een van die wesens het toe ’n gloeiende kool met ’n tang van die altaar af gevat en na my toe gevlieg.
Verken Jesaja 6:6
8
Jesaja 6:9
Toe sê die Here vir my: “Gaan sê vir hierdie volk: Julle sal my stem hoor, maar nie ’n woord verstaan van wat Ek sê nie. Julle sal sien wat Ek doen, maar nie besef wat dit beteken nie.”
Verken Jesaja 6:9
9
Jesaja 6:10
Verder het Hy vir my gesê: “Maak hierdie volk hardkoppig. Druk hulle oë en ore toe sodat hulle niks kan hoor of sien of verstaan nie, sodat hulle nie na My toe terugkom en vra dat Ek hulle moet gesond maak nie.”
Verken Jesaja 6:10
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's