1
Psalms 119:105
Die Boodskap
U Woord wys my presies hoe ek moet leef, soos ’n helder lig skyn dit op die donker pad waarop ek stap.
Vergelyk
Verken Psalms 119:105
2
Psalms 119:11
Moet asseblief nie dat ek u wonderlike pad misloop en begin sonde doen nie. U Woord is diep in die brandkluis van my hart weggebêre. Dit keer dat ek dinge doen waarvan U niks hou nie.
Verken Psalms 119:11
3
Psalms 119:9
Hoe kan ’n jongmens leef soos U wil hê? As hy alles doen wat U sê.
Verken Psalms 119:9
4
Psalms 119:2
God hou baie van jou as jy sy woorde diep in jou hart bêre en elke dag jou bes doen om Hom gelukkig te maak
Verken Psalms 119:2
5
Psalms 119:114
By U kruip ek weg, want U is baie sterk, U pas my goed op. Ek wag op u Woord om my sterk te maak.
Verken Psalms 119:114
6
Psalms 119:34
Verander my manier van dink; maak my gedagtes vol met u wet! Dan sal ek heeltyd doen wat U sê.
Verken Psalms 119:34
7
Psalms 119:36
Help my om net aan U te dink sodat ek nie agter geld aanhardloop nie.
Verken Psalms 119:36
8
Psalms 119:71
My swaarkry het my geleer om mooi na U te luister.
Verken Psalms 119:71
9
Psalms 119:50
In slegte tye hou u beloftes my aan die gang.
Verken Psalms 119:50
10
Psalms 119:35
Laat my elke dag op die pad loop wat U voorskryf, want dit maak my baie gelukkig.
Verken Psalms 119:35
11
Psalms 119:33
Here, wys my wat U van my verwag, dan sal ek tot aan die einde van my lewe net doen wat U vra.
Verken Psalms 119:33
12
Psalms 119:28
My lewe is vol bekommernis. Help my tog om u hand styf vas te hou. En gee vir my krag.
Verken Psalms 119:28
13
Psalms 119:97
Ek kan nie vir U sê hoe lief ek vir al u voorskrifte is nie! Ek dink dag en nag daaroor.
Verken Psalms 119:97
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's