“Wat is dan anders aan jou beminde, o mooiste vrou? Wat is dan anders aan jou beminde dat jy ons so smeek?” “My liefling is pragtig. Hy staan uit bo duisende ander. Sy voorkop is soos skitterende goud. Hy het golwende hare, so swart soos dié van ’n kraai. Sy oë is soos dié van duiwe wat by die waterstrome bly, gewas in melk en soos juwele geset. Sy wange is soos beddings vol geurige kruie. Sy lippe is soos lelies wat drup van mirre. Sy hande is soos stukke goud met edelstene daarin gemonteer. Sy lyf is soos ’n stuk ivoor, ingelê met saffiere. Sy bobene is soos marmerpilare wat op goue voetstukke staan. Dit lyk soos sederstompe, spesiaal gekap in die Libanon. Sy mond smaak soet, hy is begeerlik in alles. So is my liefling, my vriend, vroue van Jerusalem.”
Lees HOOGLIED 5
Luister na HOOGLIED 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: HOOGLIED 5:9-16
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's