“Is die man wat jy liefhet, dan anders as ander, mooiste van al die vroue? Is die man wat jy liefhet, dan anders as ander dat jy ons so smeek?” “Die man wat ek liefhet, is blakend gesond en blosend van kleur; jy kan hom uitken tussen tien duisend ander. Sy voorkop is soos suiwer goud, sy haarlokke soos dadeltrosse, so swart soos 'n kraai. Sy oë is soos die duiwe langs die spruite, duiwe wat lyk of hulle in melk gewas is waar hulle langs die water sit. Sy wange is soos die kruiebeddings waar lekkerruik-kruie groei. Sy lippe is soos lelies, hulle drup van mirre. Sy hande is soos stawe goud, met edelstene ingelê. Sy lyf is soos 'n blok ivoor, met saffiere ingelê. Sy bobene is soos marmerpilare wat op goue voetstukke rus. Sy voorkoms is soos dié van die Libanon, indrukwekkend soos die seders. Sy mond smaak soet, alles aan hom is begeerlik. So lyk die man wat ek liefhet, so lyk my lewensmaat, vroue van Jerusalem.”
Lees HOOGLIED 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: HOOGLIED 5:9-16
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's