Die vroue sê: “Mooiste van al die vroue, hoe lyk die man vir wie jy lief is? Lyk hy anders as ander mans? Jy sê ons moet dit belowe, maar hoe lyk die man vir wie jy lief is? Lyk hy anders as ander mans?” Sy sê: “Die man vir wie ek lief is, se vel is lig en gesond, julle sal hom ken tussen tien duisend ander mans. Sy voorkop lyk soos skoon goud, sy lang krulhare is so swart soos 'n kraai. Sy oë lyk soos duiwe langs riviere, duiwe wat so wit is soos melk en wat by die water sit. Sy wange lyk soos 'n tuin vol kruie wat baie lekker ruik. Sy lippe lyk soos blomme, mirre drup van sy lippe af. Sy arms lyk soos goud, goud waarin daar mooi klippies vassit. Sy liggaam lyk soos marmer, marmer waarin daar saffiere vassit. Sy bene lyk soos marmer-pilare wat op goue voetstukke staan. Hy lyk soos die Libanon-berg waar die beste sederbome groei. Sy mond smaak soet, en alles aan hom is mooi. Vroue van Jerusalem, dit is die man vir wie ek lief is, dit is my vriend.”
Lees Hooglied 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hooglied 5:9-16
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's