Advent: Die Reis Tot By KersfeesVoorbeeld
God Is Nie Ver Weg Nie
In Josef se droom het die engel aan hom openbaar dat Jesus se geboorte die vervulling sou wees van 'n eeu-oue profesie en die einde van die skeiding wat daar tussen die mens en God bestaan het sedert die eerste sonde in die Tuin van Eden. Josef het gehoor dat Jesus "God by ons" sou wees. Hoe maklik vergeet ons hierdie waarheid!
Ons lees in Eksodus, lank voor Jesus se geboorte, dat Moses vir God moes wag om met hom te praat; op 'n bergtop of in 'n brandende bos. Destyds het die mens nie vrye toegang tot 'n intieme verhouding met God gehad nie. Soms kan ons so maklik terugval in hierdie ou manier van kommunikasie met God. Hoe dikwels vra ons nie vir 'n eie brandende bos nie, 'n tasbare teken of 'n duidelike woord van Hom af nie? Selfs ons as Christene kan begin glo dat God ver van ons af is, terwyl ons wag en wag om iets van Hom te hoor.
Ons moet onthou dat Jesus 'n weg gebaan het tussen ons en God. Hy is God se antwoord op ons begeerte vir 'n brandende bos of 'n bergtop gesprek met Hom. Ons aanbid nie 'n verre God wat nie met ons wil praat nie. Jesus het die verhouding met Hom herstel en 'n weg gemaak om daagliks, met vertroue, sy troon te nader.
Vind hierdie Kersseisoen troos in die wete dat God by jou is. Hy hoor jou gebede en Hy staan jou by. As God ons stukkende verhoudings met Hom kan regmaak, dink net wat Hy in ons lewens en namens ons kan en wil doen.
Gebed:Vader, dankie vir die geskenk Jesus, en dat Hy 'n weg vir my gebaan het om weer naby U te wees. Dankie dat U so graag 'n verhouding met my wil hê dat U u enigste Seun gestuur het om in my plek te sterf. Vader, gee my die selfvertroue om U in gebed en aanbidding te soek, wetende dat ek altyd toegang, deur Jesus tot U het. Dankie vir die versekering dat U altyd by my is en dat ek nooit alleen is nie.
Aangaande hierdie leesplan
Kersfees is waarlik die grootste verhaal wat ooit vertel is: een van God se volmaakte getrouheid, krag, redding en onfeilbare liefde. Kom ons gaan die volgende 25 dae op reis om God se ingewikkelde plan te ontdek — om die wêreld van sonde te red en die belofte van die geboorte van sy Seun te vervul.
More