Advent: Die Reis Tot By KersfeesVoorbeeld

Advent: The Journey to Christmas

DAG 16 VAN 25

Verwagtinge Wat Oortref Word

As gevolg van profesie, het die Joodse volk vir eeue lank 'n redder en koning verwag wat hulle kon bevry en 'n aardse koninkryk vestig. Stel jou hul verrassing en ongeloof voor toe hulle hoor hul Verlosser is in 'n eenvoudige gesin, in 'n krip in Betlehem gebore, die geringste plek in 'n geringe stad. Wat die Joodse volk gekry het, het nie aan hul verwagtinge voldoen nie.

God is egter nie daar om verwagtinge te bevredig nie. Hy is daar om verwagtinge ver te oortref. Jesus is 'n wonderlike voorbeeld van God se oorweldigende goedheid. Deur Jesus, het God die behoeftes van die Joodse volk bevredig, behoeftes wat hulle nie eens besef het dat hulle het nie. Hy het veel meer voorsien as die verbygaande welvaart van 'n aardse koninkryk. Hy het sy ewige koninkryk gevestig, verlossing bewerkstellig, mense in die regte verhouding met God gebring en so ook hoop vir 'n gebroke wêreld.

Hoe dikwels plaas ons ons verwagtinge op God, met die veronderstelling dat Hy volgens ons tydraamwerke en planne sal werk? Hierdie gewoonte is nie goed vir ons geloof nie, omdat God selde volgens ons program werk, en sy antwoorde kom selde ooreen met wat ons voorsien.

Ons moet die verskil begryp tussen die aksie om óns verwagtinge op God te plaas; teenoor, ons vertroue in sy plan, en om te verwag dat Hy dit in ons lewens tot uitvoer sal bring. Deur egter óns verwagtinge op God te stel, kan ons teleurstelling, frustrasie en wraak laat ervaar wanneer hulle nie bevredig word nie, maar om 'n gesonde verwagting van God te hê kan ons geloof voed.

Watter begeerte het God in jou hart geplaas? Vind hierdie Kersfees troos in die wete dat God meer wil doen as om aan jou verwagtinge te voldoen. Hy wil hulle oortref. Wees bemoedig deur die feit dat God meer kan doen as wat ons ooit kan dink of vra. Verwag dat God iets gaan doen, vertrou sy proses en kyk hoe jou geloof groei.

Gebed: Vader, dankie dat U my deur Jesus herinner dat U uit genade behoeftes bevredig wat ek nie eens weet ek het nie. Ek bid hierdie Kersfees vir vertroue in dit waarvoor ek hoop, maar nog nie kan sien nie. Vermeerder my geloof in u getrouheid. Dankie dat U die God is wat verwagtinge oortref. U tydsberekening is volmaak, en u plan is die beste. Maak met my lewe soos U wil!

Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Advent: The Journey to Christmas

Kersfees is waarlik die grootste verhaal wat ooit vertel is: een van God se volmaakte getrouheid, krag, redding en onfeilbare liefde. Kom ons gaan die volgende 25 dae op reis om God se ingewikkelde plan te ontdek — om die wêreld van sonde te red en die belofte van die geboorte van sy Seun te vervul.

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.churchofthehighlands.com/