Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

DAG 2 VAN 40

"Dag 2: Die Boog"

Die Lydenstydseisoen is histories 'n tyd van toegewyde nabetragting oor die menslike kondisie. Aswoensdag herinner ons dat die menslike lewe broos is - uit stof is ons geskape en tot stof sal ons terugkeer. Maar ons leer vinnig dat die menslike kondisie nie net gekenmerk word deur broosheid nie, maar ook deur verdorwenheid. Inderwaarheid het menslike korrupsie en geweld teen die tyd van Noag so algemeen geraak dat God hartseer en spyt ervaar het. Dat die Almagtige God spyt kon wees oor die skepping van die mens is 'n kragtige uitbeelding van die sondigheid van sonde.

Maar die Bybel verwys nie na die menslike hart op 'n abstrakte wyse nie. Nee, die Bybel meld spesifiek my eie hart, die sondigheid van my sonde en inderdaad die Goddelike spyt oor die verloop van my eie lewe.

Tog, te midde van die somberheid en in die nadraai van die storm van God se oordeel, is hoop sigbaar. Noag kyk op en sien teen die grou wolke die sprankelende glorie van die reënboog tevoorskyn kom waar die son en die storm mekaar ontmoet. Daar in die wolke sien hy hoe die boog van God se toorn tersyde gelê word in die belofte van vrede.

Die groot belofte is dat God nie weer Sy aangesig van ons sal afwend nie; al is ons sonde hoe groot. Inteendeel, God sal eerder die boog van Sy toorn rig na die hemel, op Sy eie Seun, as om weer Sy toorn op ons uit te haal. En op die kruis, waar die son van God se liefde en die storm van Sy toorn weereens bymekaarkom, sou Jesus in duisternis sterf sodat die sprankel van God se glorieryke reddingsplan in ons harte tot voorskyn sou kom. Dit alles sonder 'n sweem van goddelike spyt.


Gebed

Here, help ons om U hartseer en verdriet oor ons sonde te deel. Tydens hierdie Lydenstyd, skenk ons die moed om ons eie sonde eerlik te beskou sodat ons weereens die glorie van U belofte en genade in Christus vir ons kan waardeer. In Christus se naam, Amen.

Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.

More

Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.