Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

DAG 6 VAN 40

"Dag 6: Die Pasga"

Die verhaal van die Pasga waarmee Israel sy uittog uit Egipte en slawerny begin, is in baie opsigte die sentrale storie van die Ou Testament. Dit is bedoel om diepgaande dinge aan God se volk te sê. Aan die een kant is dit 'n herinnering aan ons dat, indien God nie ingryp en ons beskerm nie, ons in dieselfde bootjie as al die ander mense is: deel van God se skepping wat onder sy oordeel en veroordeling staan. Dit sal altyd deel wees van ons identiteit as mense en sonder dit kan ons nooit nederig wees voor God en ander mense nie.

Aan die ander kant is dit 'n herinnering dat die belangrikste ding wat God van ons verwag, vertroue is. Hy wil hê dat ons sal vertrou dat Hy genadig is en vir ons sorg. Hy wil hê ons moet vertrou dat Hy begeer om ons te red en nie te veroordeel nie. Dit is hoekom Hy mens geword het in die persoon van Jesus. En Hy verwag dat ons sal wys dat ons hom vertrou deur gehoorsaam te wees – of dit nou is om bloed aan ons deurkosyne te smeer en die Pasga maal te eet soos in die geval van die Israeliete, en of dit is deur Jesus se dood te gedenk tydens die nagmaal; Sy dood wat ons gered het en voorsiening maak dat ons nou lewens van vergifnis en vrygewigheid kan lei. Word jou lewe gekenmerk deur hierdie manier van nederigheid en vertroue? Indien nie, hoekom nie?


Gebed

Here Jesus, gee dat ek die behoefte aan U genade intens mag aanvoel en mag ek U voorsiening beleef. Laat nederigheid en gehoorsaamheid kennelik teenwoordig wees in my lewe. In Christus se Naam, Amen.

Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.

More

Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.