Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld
"Dag 40: Die Graf"
Die geskiedkundige Christen boodskap maak aanspraak daarop dat Jesus Christus uit die dood opgewek is. Dis 'n versoeking om so gou as moontlik van Vrydag na Sondag aan te beweeg; van die kruis na die opstanding. Matteus stop vir 'n oomblik en lei ons egter deur die stilte van die graf.
Baie mense het al probeer om die hoop wat daar in die Christen se lewe is te ontrafel. Party beweer dat Jesus nie regtig gesterf het nie en ander beweer dat die dissipels sy liggaam gesteel het om die opstanding geloofwaardig te maak. Tog praat Matteus onomwonde van 'n regte dood, 'n graf wat stil was en 'n situasie wat sonder hoop skyn te wees.
Die Romeine het die doodstraf getrou uitgevoer, veral op mense wat van hoogverraad beskuldig was. Die feit dat Josef Jesus se liggaam kon gaan haal, het beteken dat die laksman tevrede was met sy handewerk. Regdeur die Ou Testament lees ons hoe Jode misdadigers gestenig het. So het hulle gesimboliseer dat daar geen lewe na die dood vir hulle sou wees nie. Daar was 'n groot steen voor die graf, wat beteken het dat daar nie 'n verwagting was van lewe na die dood nie. Die graf is nog steeds stil en donker.
Dit moes ons lot wees en die lotsbestemming van die mensdom. Nogtans het ons die hoop dat daar vir ons 'n uitweg na 'n nuwe wêreld is wat deur God geskape is. Dit is moontlik deur die een wat voor ons in die graf was. Die hoop wat ons het is as gevolg van die een wat uit die graf opgestaan het. Nou kan ons nuwe lewe in hom ervaar. Matteus se beskrywing van die graf is 'n herinnering dat dit vir een dag lank stil was.
Gebed
Onse Vader, herinner ons daaraan dat die duisternis van die graf binnekort deur die helderheid van die derde dag oorweldig sal word. In Christus se Naam, Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.