Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld
"Dag 34: Die Voorspelling"
Johannes wy baie van sy Evangelie aan die laaste ses dae van Jesus se lewe op aarde. In Johannes 12 voorspel Jesus “op watter manier hy sou sterf” — een wat Satan se doodsgreep op die wêreld sou losmaak, Jesus die oorwinning oor die kruisdood en graf sou gee en mense van reg oor die wêreld nader na hom toe sou trek (v. 32). Hier herhaal hy ook die voorbeeld wat elkeen moet nastreef om sy dissipel genoem te word.
Van vroeg af al verwys Johannes na Jesus se bediening as sy “uur” — die aangewese tyd wanneer hy sou ly en sterf vir die sonde van die wêreld. Deur sy nederigheid straal Jesus tog ook die “glorie” van God uit aan die mensdom. God “eer sy naam” nie net deur Christus se bediening op aarde nie, maar ook deur sy dood. Johannes voorspel hierdie realiteit vroeg al as hy tot dié gevolgtrekking kom: “ons het sy heerlikheid gesien (of ‘aanskou’) …vol genade en waarheid” (1:14).
Ewe treffend is die menslikheid van Jesus wat ons hier sien as hy erken; “nou is ek diep ontsteld” (v. 27) wanneer hy begin om die foltering aan te voel. Dit is 'n wonderlike beeld van 'n persoon wat deur God verlaat is, op die drumpel van onuitspreeklike pyn. Jesus het geweet dat dit slegs God se eer is wat saak maak. Dit word ook 'n leerproses vir sy dissipels.
Saad moet eers sterf voor dit kan groei en vrug dra; dit dra die belofte van lewe. Oppervlakkig beskou, lyk Christus se dood vir die wêreld na 'n ramp, maar deur "in die grond te val" (v. 24), bring hy 'n groot oes van volgelinge en “lei baie van sy kinders tot heerlikheid” (Hebreërs 2:10). Nogtans kos dit iets om Christus te volg: baie van Jesus se oorspronklike dissipels sou wreed sterf. Tertullian verwys na “die bloed van die martelare" as "die saad van die kerk.” Christus se dissipels moet altyd “sterf” in hulself om die “lewende hoop” in Christus te vind (1 Petrus 1:3-5). Here Dietrich Bonhoeffer se waarneming aangaande dissipelskap klink geloofwaardig: “wanneer Christus iemand roep, vra hy hom om te sterf.”
Gebed
Here, u wat opgestaan het uit die dood, het ons so lief gehad dat u vir ons gesterf het om ons van sonde te red. Ons bid dat hierdie wete ons nederig sal maak, ons sal help om u altyd te prys en ons die vrymoedigheid sal gee om voluit te lewe soos u wil. Laat dit gebeur deur u genade. Ons bid dit in u naam. Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Aangaande hierdie leesplan
Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.