Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld
"Dag 36: Die Reiniging"
Elke jaar met die Pasga het duisende Jode van oraloor in Israel en Judea na die tempel in Jerusalem gegaan om offers te bring. Omdat baie van hulle so ver moes reis, het hulle eerder hulle offerdiere in Jerusalem gekoop in plaas daarvan om dit die hele pad van hulle tuisdorp af saam te bring en die risiko te loop dat die diere beseer sou word en sodoende nie meer geoffer kon word nie. Dit was baie gerieflik vir die Joodse aanbidders om hulle offers te kon koop as hulle in Jerusalem aangekom het. Die mark waar die transaksies plaasgevind het, was in die Hof van die Heidene, waarheen die nie-Jode gegaan het om God te aanbid. Tydens Pasga was die tempelhof dus vol van lewende hawe, verkopers van offerdiere en geldwisselaars wat die omliggende landstreke se geld verwissel het vir Joodse geld.
Toe Jesus dit sien was hy baie kwaad — so kwaad dat hy die geldtafels omgegooi het en 'n verbod geplaas het op die verkoop van die diere. Hoekom het hy dit gedoen? Wou die handelaars nie net die mense wat gekom het om God te aanbid help nie? Miskien. Hulle het dit egter gedoen ten koste van “al die nasies” wat op soek was na God en het hulle aanbidding as gering geag. Jesus noem hulle “rowers”, want hy verwys na hulle geldgierigheid en die manier waarop hulle die Heidene ontneem het van 'n aanbiddingsplek.
Hier is egter iets anders aan die gang. Met 'n ander geleentheid waar Jesus die tempel gereinig het, het die mense 'n teken van hom gevra om sy gesag te demonstreer. Hy het geantwoord: “Breek hierdie tempel af en in drie dae sal Ek hom oprig” (Joh 2:19). Hy het egter nie na die gebou verwys nie; “Hy het egter sy liggaam bedoel” (Joh 2:21). Met ander woorde, toe hy sterf, het die priesterskap, die offerandes en die heerlikheid saam met hom gesterf, want hyself was die Paaslam, die hoë priester en God se magtige teenwoordigheid. Dis hoekom die skeiding wat daar tussen God en die mensdom was verdwyn het toe die tempel se voorhangsel in twee geskeur het toe Christus gesterf het (Markus 15:38). Jesus het die “huis van gebed vir al die nasies” geword. Vandag is dit nie vir ons nodig om na die tempel in Jerusalem toe te gaan om God te aanbid nie. Daar is ook nie 'n onderskeid tussen Joodse en nie-Joodse aanbidders nie. Ons vereenselwig aanbidding nie met 'n plek nie, maar met 'n persoon. Jesus is die tempel. Ons ontmoet God deur hom.
Gebed
Here, ons aanbid Jesus as die finale offer, priester, heerlikheid en tempel. Laat ons onsself dan aan hom verbind sodat ons sy naam mag liefhê en sy dienaars kan wees (Jesaja 56:6). Mag alle nasies — hulle wat naby en ver is — deur Christus na u toe kom in gebed (Jesaja 56:8). In Christus se Naam, Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Aangaande hierdie leesplan
Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.