Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld
“Dag 1: Die Stof”
As ons by Genesis 3 kom, leer ons 'n God ken wat vervloek! Hy reageer op Adam en Eva se ongehoorsaamheid en die slang se listigheid, op 'n daadwerklike wyse. Met die aankondiging van elke vervloeking en oordeel, word God se genadelike kreatiwiteitswerk ongedaan gemaak of teruggetrek . Adam, wat van stof gemaak is, word nou bestem om na stof terug te keer. Eva, wat uit Adam geskape is, word nou deur hom gedomineer. Die slang, wat meer vindingryk as al die wilde diere was, word nou verneder, en moet op sy maag rondseil en stof eet. In hierdie hoofstuk sien ons dat sonde die hele skepping affekteer.
Hierdie skrif praat van ons begeerte om sonde oor te sien. God reageer nie ligtelik op sonde nie. Deur sonde het die dood in die wêreld gekom en elke ander gevoel van hartseer, mismoedigheid en lyding. Maar die ergste vloek sou op iemand anders val, baie jare later, soos wat Paulus in Galasiêrs 3:13 skryf: “Christus het ons verlos van die vloek van die wet deur self vir ons 'n vervloeking te word —- daar is geskryf, ‘Vervloek is elkeen wat aan 'n kruis hang.’” Jesus sou die vloek op homself neem om sodoende die mensdom te red.
Gebed
Liewe Vader, Ek weet u kan nie die sonde wat ek pleeg ligtelik opneem nie, want u is 'n God van heiligheid, wat geregtigheid liefhet en nie die bose ongestraf laat nie. Maar ek dank U dat U in U wysheid en genade 'n plan gemaak het sodat die vloek wat op my moes kom, op U Seun gekom het. In Christus se Naam, Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Aangaande hierdie leesplan
Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.