Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

DAG 8 VAN 40

"Dag 8: Die Priester"

Wens jy dat die verkeerde dinge in die lewe reggestel word? In hierdie teksgedeelte leer ons in v. 28 wat die rol van die priesters was. 1) “om die altaar te bedien”— hulle moes by God intree en pleit namens die mense, 2) “om wierook aan die brand te steek”— dit was 'n godsdienstige ritueel om God te eer (Leviticus 16:13), en 3) “om 'n skouerkleed te dra”— dit het gewys dat die priester die een was wat die mense kon raadgee deur middel van die wysheid van God. In v. 29 sien ons dat Eli se seuns, wat destyds die priesters was — hulle wat vir die mense moes sorg — hulleself “vetmaak” met die beste uit al die offers van die volk. Dit was 'n groot onreg. Hulle wat vir mense moes sorg het hulle laat skade ly. Hoe sou God dit regstel?

As ons na ons lewens kyk en dié van die mense rondom ons, vra ons dikwels dieselfde vraag. Hoe sal God die verkeerde dinge in die wêreld regstel? Dit word 'n traumatiese vraag as ons besef dat ons ook skuldig is daaraan. Die mense vir wie ons lief moet wees en dien, is dikwels juis die slagoffers van ons selfsugtig fokus op ons eie belange en prioriteite.

Ons word vertel dat God hierdie onregverdigheid sien en Hy dit moet stopsit(vv. 30-31) en regverdige oordele vel oor die skuldige partye (v. 34). Die verkeerde dinge moet stopgesit word, maar ons het iemand nodig om in ons plek na God te gaan en namens ons te pleit, want ons is self skuldig aan die wandade. Wie sal dit wees? Verse 35 sê, “Dan sal Ek vir my 'n betroubare priester aanstel… my gesalfde vir ewig.” Die Hebreeuse woord vir “getrou” beteken ook “blywende,” so hierdie priesterskap sal vir ewig hou, maar die feit dat hy “my gesalfde vir ewig” is, beteken “koning” in hierdie konteks. Wie is beide 'n getroue en ewigdurende priester wat ook vir altyd 'n koning is? Slegs een persoon in die geskiedenis kan beide wees — Jesus.


Gebed

Here Jesus, ewigdurende, groot hoëpriester en koning, U het vir ons 'n weg gemaak om U te nader al is ons dikwels skuldig in ons gedagtes, woorde en dade. Gee aan ons U genade wat herstel, bewaar, lei, beskerm en hoop gee. In Christus se Naam, Amen.

Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.

More

Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.