Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

DAG 13 VAN 40

"Dag 13: Die Bespotting"

Dawid is oorweldig deur al sy moeilikhede (vv. 1-3). Hy roep uit tot God in sy nood. Sy vriende en familie het hom verwerp (v. 4) en sy vyande is reg om hom te oorwin (v. 8). Sy reputasie is in gedrang. Die oorwinnaar wie eens op 'n tyd in die strate geprys is, word nou gespot in die kroeë (v. 12). Israel se verlosser roep uit vir verlossing en kry geen antwoord nie (v. 3).

Die pyn wat ons ervaar as ons reputasie aangeval word, is 'n unieke, erge pyn. Dit maak nie saak wat ons kulturele agtergrond is nie: of die familienaam belangrik is en of die individu 'n naam vir homself moet maak nie, daardie naam is ons getuigskrif. As ons reputasie daarmee heen is, veroorsaak dit 'n groot identiteit krisis. Hoe moet ons reageer as ons reputasie aangeval word? Moet ons ons foute probeer wegsteek? Gaan sit ons op 'n hopie en krepeer? Maak ons onsself (en ander) moeg in 'n wanhopige poging om perfek te wees? Dawid kies 'n ander alternatief.

Selfs in sy benoudheid is Dawid se gedagtes nie op homself gerig nie. Hy is nie behep met sy eie eer nie. Hy het 'n passie vir die huis van die Here. Dit is wat vir hom belangrik is (v. 9). Hy erken sy foute en bid dat daar geen onopsetlike skade sal kom as gevolg van sy eie dwaasheid nie. Hy vra ook dat die God van Israel nie gelaster word nie en dat die mense wat opkyk na hom nie skade sal ly nie. (vv. 5-6). Dawid rig sy versoek met vrymoedigheid aan sy alwetende, regverdige Here en maak aanspraak op sy standvastige liefde en getrouheid (v. 13). In 'n neutedop: hy vind homself in God se reputasie.

Baie jare later stap die een wat die Seun van Dawid genoem word, die tempel in Jerusalem binne tydens Paasfees en dryf die handelaars en geldwisselaars uit. Sy dissipels onthou dat dit geskryf staan: “Die liefde vir u huis verteer my” (Johannes 2:17). Hierdie konfrontasie was die begin van die gebeure wat sou uitloop in die grootste verlies aan waardigheid wat 'n mens ooit aan kan dink. Die skepper van die heelal word verneder en soos 'n misdadiger aan 'n kruis gehang. Nogtans bid hy vir sy vyande en bied aan hulle al die voordele wat met sy goeie naam gepaard gaan. In Jesus erf ons 'n ewige reputasie wat nooit geskaad kan word nie.

Gebed

Here Jesus Christus, Seun van Dawid, Seun van God, ons erken dat ons te veel streef daarna om 'n naam vir onsself te maak en dat ons te min aandag gee aan die naam wat u vir ons gegee het. U naam is bo alle name en u het uself ontneem van enige reputasie. U het uself verneder, die gestalte van 'n dienskneg aangeneem en die spot verduur van hulle aan wie u u naam gegee het. U het u naam op ons voorkoppe geskryf en ons name onuitwisbaar in die Boek van die Lewe geskryf. Gee aan ons die wysheid en geloof wat nodig is om in nederigheid u verheffing te ontvang. Leer ons deur die Heilige Gees en u Woord om te groei in u naam en die karaktertrekke wat verband hou met die naam te weerspieël. Vir u koninkryk, deur u mag, vir u glorie, Amen.

Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.
Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.

More

Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.