Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld
"Dag 16: Die Kampioen"
Psalm 68:7-18 is 'n lofsang ter ere van ons verlossing wat moontlik is deur die krag van God. Daar is 3 afdelings in hierdie skrifgedeelte. Verse 7-10 beskryf die krag van God toe hy die Israeliete uit slawerny in Egipte verlos het. Verse 11-14 vertel vir ons van die krag van God wat sy volk bewaar en beskerm teen hulle vyande. Verse 15-18 juig oor die krag van God wat sy volk veilig tuis bring na die berg van God.
Hierdie drie gedeeltes beskryf die lewe van 'n Christen. Ons is vrygemaak van die slawerny van die sonde en die dood. Ons word bewaar terwyl ons op reis is op ons lewensreis. 'n Belofte is aan ons gegee dat ons veilig sal tuis kom. Hoe is al hierdie wondelike waarhede moontlik? Hierdie voordele is gewaarborg as gevolg van ons Here, die oorwinnaar.
Psalm 68:18 verwys na die een wat opgevaar het en krygsgevangenes weggevoer het. Volgens Paulus beskryf hierdie skrifgedeelte die oorwinning wat Jesus Christus behaal het met sy opstanding uit die dood (Efesiërs 4:8).
In Hebreërs 12:2 word ons aangemoedig om ons oë op Jesus te vestig, die Begin en Voleinder van ons geloof. Ander vertalings verwys na "outeur" of "pionier", maar die beste vertaling is "kampioen" Met ander woorde, Jesus het die sonde en dood tromp op geloop en gewen! Hy het namens ons met die dood baklei en die oorwinning behaal. Ons kan nou rus in hom, met die wete dat dieselfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het ook in ons werk (1 Korintiërs 6:14).
Is jy vandag angstig en dalk bang vir wat die toekoms inhou? Onthou dat die krag van God ook in jou lewe werk, as gevolg van die volbragte werk van die kampioen, Jesus Christus. Ons is vrygemaak van slawerny, word dag-vir-dag bewaar en sal veilig tuis kom, as gevolg van wat Jesus gedoen het.
Gebed
Hemelse Vader, ons dank u vir die krag wat in ons lewe aan die werk is, danksy ons kampioen, Jesus Christus. Ons vra dat ons vandag moed sal hê en bly sal wees omdat Jesus opgevaar het na die hemel. In Christus se Naam, Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Aangaande hierdie leesplan
Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.