Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld
"Dag 20: Die Sondelose Dienaar"
In hierdie verse sien ons die verskil tussen die gehoorsame dienaar van die Here en hulle wat hom vervolg en mishandel het. Verbasend genoeg is dit die gehoorsame dienaar wat namens die ongehoorsame mense moet ly – om geslaan, gespoeg en gespot te word. Tog “het hy vasbeslote” die reis van leiding begin en sou nie “beskaam word nie.” Hy weet dat sy lyding nie tevergeefs is nie, want daardeur sal sy mense gered word.
Die skrywers van die Nuwe Testament het erken dat die dienaar van die Here, waarna in hierdie skrifgedeelte verwys word, niemand anders as Jesus Christus is nie. Hy was “vasbeslote” om na Jerusalem te gaan, alhoewel hy geweet het wat daar op hom wag (Lukas 9:51). Hy is geslaan, bespot en bespoeg (Markus 15:19-20). Hy het gely, nie as gevolg van sy sonde nie, maar ons s'n. Sy lewe was gekenmerk deur volkome gehoorsaamheid, selfs tot die kruisdood toe (Filippense 2:5-9).
Ten spyte van dit alles het Jesus die sondelose dienaar gebly (Hebreërs 12:2). Hoe was dit moontlik dat Jesus dit alles kon verduur en nog steeds vol vertroue wees dat hy nie beskaamd sou staan nie? Die antwoord, in 'n neutedop, is vreugde: ter wille van “die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur.” Die vreugde wat Jesus aangespoor het was die feit dat sy lyding die mense sou verlos.
Ons het ook vandag groot vreugde. Natuurlik is daar pyn en lyding op ons reis, maar omdat ons met Christus in geloof verbind is sal ons nie teleurgesteld wees nie! Kom ons neem ons kruis op en volg Christus, die sondelose dienaar.
Gebed
Hemelse Vader, ons dank u vir die lewe, dood en opstanding van Jesus, ons sondelose dienaar. Mag hierdie goeie nuus ons versterk terwyl ons die vreugde najaag te midde van ons pyn en lyding. In Christus Naam, Amen.
Kopiereg (c) 2012 by Redeemer Presbyterian Church.

Aangaande hierdie leesplan
Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.