Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

DAG 25 VAN 40

"Dag 25: Die Goeie Herder"

Die Bybel gebruik dikwels die beeld van 'n trop skape as daar verwys word na God se mense. In die vroeëre gedeeltes van Esegiël 34, word die huidige herders (heersers van Israel) tereg gewys omdat hulle hul mag misbruik (34:1-22). Die profeet beskryf 'n situasie waar hulle vet en ryk geword het ten koste van die mense wat hulle veronderstel was om voor te sorg. Om daardie rede sou God hulle oordeel. Die vorige verse in die hoofstuk verander van fokus: die waarskuwing verander in 'n belofte vir die toekoms. God sal sy skape red en ook 'n koning aanstel, soos Dawid, wat hulle herder kan wees, sodat daar vrede in die land kan wees. (v. 25). Deur sonde het die mensdom vrede en rus verloor (Genesis 3:15; 4:8) en profete soos Esegiël het daarna verwys (Jesaja 9:6-7). Dit is op hierdie stadium wat ons die oë op Jesus gevestig moet hou. Hy is God se spesiale herder-koning en die teenoorgestelde van die korrupte leierskap wat aan die begin van die hoofstuk genoem word.

Die skrywers van die Evangelies vertel vir ons dat Jesus gekom het om die evangelie aan die armes te verkondig, die vrylating vir gevangenes uit te roep en die sig van blindes te herstel (Lukas 4:18). Dit is Jesus wat huil oor Jerusalem omdat hulle nie geweet het dat hy vrede sou bring nie (Lukas 19:41). Dit is Jesus wat sy lewe gee vir sy skape sodat hulle vrede met God en mekaar mag hê. En dit is Jesus wat eendag ewige vrede na die wêreld sal bring met sy wederkoms (Openbaring 21). In die tussentyd is daar oomblikke van teleurstelling en lyding wat kan maak dat ons hoop verloor dat God sy belofte sal hou. Die onregverdigheid van die wêreld rondom ons kan ons sinies maak. Dit is in sulke tye dat ons moet besin en na Jesus moet kyk. Hy is ons goeie herder wat sy lewe gegee het vir sy skape en ons sal eendag "in die huis van die Here bly tot in lengte van dae.”

Gebed

Here Jesus, dankie dat u lief is en omgee vir u skape. Dankie dat u u lewe gegee het aan die kruis sodat ek u vrede kan ken en aangeneem kan word in u familie. Tydens hierdie tyd van oordenking, in die lig van u liefde vir my, help my om u vrede op allerhande maniere te soek in my verhoudings en my lewe te gee vir ander. In Christus se Naam, Amen.

Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.
Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.

More

Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.